25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p188

weeksdag praat 42% van alle mense nooit of selde met iemand van ʼn ander ras en

59% van die bevolking sosialiseer selde of nooit met iemand van ʼn ander ras nie. “This

is perhaps to be expected, given the lasting spacial legacy of apartheid. As long as

South Africans continue to live and work in realtively homogenous communities, these

patterns will be difficult to change” (Lefko-Everett, Nyoka & Tiscornia 2011:30).

Die homogene gemeenskappe hou bevolkingsgroepe uitmekaar, maar dit lyk ook of

sommige mense dit nog altyd so verkies het. Van der Westhuizen (2007:302) vertel dat

daar ná die uitspraak van minister Jimmy Kruger oor Steve Biko se dood, ʼn geskarrel in

die NP kongres was omdat selfs van die parlementslede nie geweet het wie Biko was

nie. Sy vertel ook dat die Britse Gemenebes se Eminent Persons Group wat Suid-

Afrika in 1986 besoek het, verslag gedoen het dat “even the most enlightened ministers

whom we met seemed out of touch with the mood in the black townships” (Van der

Westhuizen 2007:307).

Hierdie houding van afsondering het ook op ʼn persoonlike vlak uitgespeel. Smith

(2010a:45) vertel van ʼn wit man wat hom gebel het oor sy swart tuinwerker wat gesterf

het. Die man het nie geweet wat om nou te doen nie, omdat hy niks van die swart man

se agtergrond geweet of sy familie geken het nie. By verdere navraag blyk dit toe dat

die tuinwerker al veertig jaar daar werk sonder dat sy werkgewer enigiets van hom

weet. ʼn Paar bladsye verder vertel hy ʼn soortgelyke verhaal van ʼn swart huiswerker

wat ook sterf na vyf-en-dertig jaar se diens. Ten spyte daarvan dat sy al die gesin se

kinders grootgemaak het en daagliks vir hulle kos gekook het, het hulle niks meer van

haar geweet as bloot haar naam nie (Smith 2010a:48).

ʼn Groot faktor wat rasse steeds uitmekaar hou, is die feit dat die meeste wit mense

dikwels nie ʼn swart Afrikataal kan praat nie. Hierdie onvermoë beperk hulle blootstelling

aan die leefwêreld van swart mense en maak hulle in ʼn sekere sin vreemdelinge in

hierdie land [Albert 12-155]. Vir Hanlie [12-090] is hierdie gebrek aan ʼn Afrikataal

ʼn groot probleem wat dringend in die skole aandag moet kry.

Deels as gevolg van die taalprobleem, maar ook uit vrye keuse, word gekies om sekere

boeke te lees, om sekere TV programme te kyk en met sekere mense te meng. Hierdie

boeke, programme en mense is gewoonlik dié waarmee wit mense maklik kan

identifiseer. Die gevolg is dat die twee wêrelde nie nader aan mekaar beweeg nie. In

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!