25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p187

bereidheid tot skuldbelydenis en restitusie bepaal. Op hierdie sake sal teruggekom

word.

Wat ook al die onderliggende redes vir apartheid was, dit het bepaalde sigbare

gestaltes aangeneem. Een van hierdie gestaltes wat in hoofstuk drie beskryf is, is dat

die beleid wit en swart in twee verskillende wêrelde laat leef het. In 2012 is hierdie twee

wêrelde steeds duidelik sigbaar.

4.2 “Steeds twee wêrelde”

Soos in hoofstuk drie aangedui, was apartheid suksesvol om die verskillende rasse

uitmekaar te hou. Dit was asof wit en swart in twee wêrelde, wat eintlik niks met

mekaar te make gehad het nie, gewoon het (Sello 1998:15). Die kontak was grootliks

beperk tot die werksituasie waar dit gewoonlik die swart persoon was wat ʼn

ondergeskikte posisie ingeneem het.

Volgens Mike en Naomi [10-099] het dinge nog nie veel verander op die platteland

waar hulle woon nie. Die verhouding is steeds een van werkgewer-werknemer. Ook die

kerk het nie veel verander nie. Hanlie behoort tans aan ʼn onafhanklike kerk, maar sê

daar is maar baie min swart mense wat eredienste daar bywoon. Sy weet nie of

taal en die kultuur tog ʼn baie groot rol speel nie [Hanlie 12-040].

Op die ou end leef wit en swart tog nog in ʼn groot mate in twee verkillende wêrelde

[Hanlie 12-110].

Hierdie twee wêrelde is deels die gevolg van ʼn keuse wat uitgeoefen word. Tydens die

apartheidsjare het die regering met byvoorbeeld die wette oor afsonderlike woonbuurte

en geriewe die verskillende rasse uitmekaar gehou. In die post-apartheid Suid-Afrika

het die bedeling nie oornag verander nie. Alhoewel aparte geriewe iets van die verlede

is, is woonbuurte steeds oorweldigend op ras gebaseer terwyl al hoe meer middel- en

hoër klas swart mense in tradisioneel wit woonbuurte intrek (Mischke & Mafetu

2000:14).

Volgens die 2011 SA Versoeningsbarometer is Suid-Afrikaners steeds geskei op grond

van taal, etnisiteit en ras, al sê die Nasionale Beplanningskommissie (NPC

2011:elektroniese bron) dat rassisme en vooroordeel verminder het. Op ʼn gewone

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!