25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p186

gegee tot ongelukkigheid, aggressie en moedeloosheid,

vir die onregverdige benadeling. Voorts is

stemreg aan bande gelê wat die waardigheid aangetas

het, weens afwesigheid van deelname in die land.

Bogenoemde het aanleiding gegee tot gevoelens van

onderdrukking en uitsluiting.

En dan gaan sy voort en beskryf swart mense se onderwyssituasie: Vanweë swak

skolastiese agtergrond was hul aangewese om die laagste vlak van

arbeid, nl. ongeskoolde arbeid terwyl sommige veel meer

potensiaal gehad het [Karin 18-091]. Dat wit en swart skole in die apartheidsjare

geensins met mekaar vergelyk kon word nie, word nie in berekening gebring nie. In

die voorafgaande paragrawe het sy haar uitgespreek ten gunste van afsonderlike

ontwikkeling: Daar is in beide wit swart en ander rasse voorsiening

gemaak vir die bou van skole en sub-ekonomiese behuising deur

onderskeie Munisipaliteite. Selfs bruin en swart mense verklaar

tans dat hulle beter af was in die apartheidsdae [Karin 18-077]. Op

hierdie argument reageer Isak [16-142] só: Die redenasies dat apartheid nie

net sleg was nie, soos dat ons nou ʼn land het met infrastruktuur

en so meer, hou seker water. Maar nie genoeg om die negatiewe te

kanselleer nie. Karin [18-174] skryf: As kind het ek nie werklik die

omvang daarvan besef nie. Dit blyk dat haar begrip van wat apartheid eintlik aan

swart mense gedoen het, sedertdien nie dramaties verbeter het nie.

Smith (2010a:16) gaan selfs verder en voer aan dat daar ten tye van die skryf van sy

boek “nog talle Afrikaners [is] wat glo dat apartheid nie so sleg was nie en dat die

stelsel wel vir die gekleurdes tot voordeel was.” En dan gaan hy voort: “Erger nog is die

feit dat hulle met leedvermaak hoop en bid dat apartheid weer ingestel sal kan word om

al die post-apartheidsprobleme op te los en die land na ‘normaal’ te laat terugkeer.”

Die voorstaanders van hierdie standpunt plaas hulleself onmiddellik weer in die swart

kwadrant. Hulle ontken enige negatiewe effek van apartheid en hulle wil glad nie

daaraan verander nie, selfs al sou hulle bemagtig wees om dit te kan doen.

Die verskillende maniere waarop wit Afrikaners na apartheid kyk sal uiteindelik bepaal

in hoe ʼn mate hulle hulself as skuldig beskou. Hierdie vlak van skuld sal dan weer die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!