25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p184

dan voorbeelde gee van wat hy dink apartheid behels het, is dit sake soos dat ’n

blanke man en ’n anderskleurige vrou mag nie saam voor in ’n

bakkie gery het nie [Mike 10-245] en Ek kon nie in die dorp in gaan

en daar staan slegs blankes en ek vat swart mannetjie aan die

hand en sê kom saam hier in nie... [Mike10-267].

Mike [15-165] is nie alleen in hierdie siening van sake nie. George [15-165] neem ʼn

soortgelyke posisie in as hy sê:

Ek dink die feit dat dit op die wetboek gestaan het,

dat dit ʼn soort van ʼn ding was wat op die wet

gestaan het, dit moet so gedoen word. Daar is aparte

geriewe, daar is aparte banke en daar is aparte

ingange en daar is dit en dat... Dat jy ook nie...

ek meen daar was ʼn wet teen gemengde huwelike, die

ontugwet en al sulke tipe dinge.

Later sou George [15-175] praat oor sy hengse jammer gevoel vir mense wat

gedwonge verskuiwings moes ondergaan, maar hy volstaan met die probleem was

omdat dit verpligtend was, omdat dit op die wetboek gestaan het

[George 15-578]. Ook Karin [18-066] steun hierdie standpunt.

Daar kan begrip wees vir hierdie siening van wit mense dat die enigste probleem met

apartheid was dat dit op die wetboek gestaan het. Die uitgangspunt hier is duidelik een

wat redeneer dat diskriminasie in elk geval gebeur het en nog steeds gebeur; Suid-

Afrika het dit bloot ʼn wet gemaak. Bell (2001:13) voer apartheid se oorsprong terug na

“the age of slavery” en koppel dit dan ook aan “the South Africa Act of 1909” waarin wit

dominansie in Suid-Afrika verseker is. Hy gaan voort: “When the National Party

assumed parliamentary control of South Africa in 1948, it had only to refine and further

codify a practice of racial discrimination that was already entrenched.”

Hierdie beperkte siening van wat apartheid behels het, het groot implikasies vir die

vraag na skuld en regstelling. Wanneer daar later na skuld gekyk word, word die

implikasie van hierdie standpunt verder ondersoek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!