25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p182

moontlik vir homself sal sorg: honde wat baklei om ʼn paar murgbene, seuntjies wat stry

om die beste karretjies te kry, Swazi-seuns wat baklei om die paar lekkers wat vir hulle

gegooi word en laastens tarentale wat baklei vir die meeste mieliepitte. Dit is dan vir

hom genoeg rede om te argumenteer apartheid is net “[l]ogiese menslike gedrag… om

na jou eie om te sien” [sy beklemtoning]. Hy werk duidelik hier met ʼn baie beperkte

verstaan van apartheid.

Dieselfde redenasie vind ʼn mens terug by Mike in die 1998 navorsing. Mike [6-265] se

argument was: Ou Dingaan het daar in sy kraal gebly, hy het geen

blankes gehad wat in sy kraal gebly het nie, so hy het apartheid

gehad. Du Toit (2010:elektroniese bron) redeneer soortgelyk:

Die blote feit dat daar so ʼn verskeidenheid van swart stamme was wat

elk sy eie grondgebied bewoon het, ʼn eie taal gebesig het,

kenmerkende kleredrag, hooftooisels en huisversierings gehad het en

nie met mekaar wou meng nie is ook maar ten diepste ʼn manifestasie

van ‘apartheid.’

Hierby voeg Du Toit nog die argument van die ontwikkeling van die land wat baie beter

lyk as die res van Afrika. Hy noem dit ʼn “[u]iters prysenswaardige stap.” Hy sluit sy

artikel af met “[d]ie konsep is verdedigbaar. Die uitvoering het plek-plek skeefgeloop.

Sekere reëls, bepalings, regulasies en wette het nie sin gemaak...” en dan – met ʼn

implisiete selfregverdiging – spring hy onmiddellik na vandag en sluit sy sin af met

“...net soos sekere dinge vandag nie sin maak in die huidige bestel nie.”

So ʼn beperkte verstaan van apartheid laat nie reg geskied aan die beoordeling van die

beleid nie. Apartheid was baie meer as mense wat bloot hulle eie soort opsoek en na

hulle eie belange omgesien het. Om so oor apartheid te redeneer, is om een aspek ten

koste van al die ander aspekte uit te lig.

Die Stellenbosse filosoof Anton van Niekerk (2011:elektroniese bron)

skryf oor die neiging van wit mense, soos Du Toit hierbo, om apartheid

in baie positiewe terme te probeer beskryf. Hy reageer op twee artikels

oor die musiekblyspel Tree Aan! wat handel oor die grensoorlog in die

1970’s en 1980’s. Hy het dit veral oor die mening dat die grensoorlog

heeltemal geregverdig was. Hy skryf: “Het die feit dat die implikasies van

die nuwe Suid-Afrika uiteindelik tot sommige besonder verbale

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!