25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p180

navorsing wys dat hierdie standpunt weinig verander het in die afgelope veertien jaar.

4.1 Nogeens, die belediging van apartheid

Tydens die opvolgnavorsing is hierdie vraag pertinent gevra, beide skriftelike en in die

gesprekke: Wat was volgens jou die probleem met (of die hart van)

Apartheid? Wat was die “fout” van Apartheid? Waarom het die

beleid soveel weerstand ontlok? [Albert 16-157]. Die direkte antwoord hierop,

asook antwoorde uit ander dele van die gesprekke, het bevestig dat die medenavorsers

steeds ʼn baie beperkte verstaan van apartheid het. Die blootstelling aan die

menings van die mede-navorsers en die gebeure van die afgelope veertien jaar het

weinig indruk gemaak. In die volgende paragrawe word vier reaksies bespreek soos dit

uit die gesprekke met die mede-navorsers na vore gekom het.

4.1.1 “Apartheid het sin gemaak”

Daar is van die mede-navorsers wat standpunte inneem wat heel ekstreem voorkom.

Op die vraag of hy nou anders dink oor apartheid as veertien jaar gelede was Johan

[17-043] se nadruklike antwoord Nee, inteendeel... Hy staan steeds afsonderlike

ontwikkeling voor wat hy as iets heel anders as apartheid sien. Laasgenoemde beskryf

hy as daardie kwetsende, diskriminerende maatreëls waar een

bevoordeel was bo ʼn ander bloot op grond van sy velkleur. Dit

was verkeerd en moes baie seergemaak het [Johan 17-047].

Vir Johan [17-061] was die fout van apartheid

Omdat dit mense be(ver)oordeel het op grond van

velkleur. Kwetsende maatreëls van klein apartheid

het tot in die diepste deel van mense se siele

seergemaak, omdat die een groep nie die ander gegun

het wat hy homself gegun het nie. Om mense deelname

aan die regering van die dag te ontsê op grond van

velkleur, het net haat laat ontstaan. Die sosiale

eksperiment van aparte ontwikkeling het ontaard in

apartheid. As dit by aparte ontwikkeling met

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!