25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p178

Stilisties word weer van raampies soos hierdie gebruik gemaak om die

alternatiewe stemme aan die woord te stel. Hierdie stemme kom uit

verskillende rigtings en agtergronde. Dikwels is dit die stemme van

swart Suid-Afrikaners, maar soms is dit ook wit stemme wat ʼn ander

standpunt voorstaan. Ek gebruik ook hierdie styl om my eie stem en

mening, dikwels in kontras met die mede-navorsers, te laat hoor.

4. Herhalende temas

Een van die gevolgtrekking van die aanvanklike navorsing was dat nie alle wit

Afrikaanse Christene verstaan waaroor die weerstand teen apartheid gegaan het nie. ʼn

Algemene opvatting was dat apartheid nie so erg was nie en dat die demokratiese

oorgang en die herroeping van bepaalde diskriminerende wette genoeg sou wees om

Suid-Afrika te herstel na ʼn normale land.

Op so ʼn simplistiese benadering antwoord ʼn voormalige adjunk

sekretaris-generaal van die ANC Jeugliga Febe Potgieter in ʼn

beredenering van die wenslikheid van die WVK as volg: “...the hurt of

the past should be recognised... It is not good enough to simply say that

the emergence of a new South Africa is sufficient in itself...” (Potgieter,

F. 1995:22).

Só ʼn siening, naamlik dat die blote koms van demokrasie die onreg van die verlede sal

uitwis, is gebou op ʼn baie beperkte verstaan van apartheid. In die 1998 navorsing was

dit duidelik dat baie van die mede-navorsers apartheid bloot aan die hand van die

sigbare uitdrukking daarvan beoordeel het. Apartheid is gemeet aan sogenaamde klein

apartheid, dit wil sê die praktiese uitdrukking van die beleid in bepaalde wette wat

hoofsaaklik gehandel het oor aparte geriewe. Daar was baie min begrip vir die

onderliggende uitgangspunte, die sogenaamde grand apartheid, wat tot die wette

aanleiding gegee het.

Die woorde van Biko is so anders as die standpunte van wit mense.

Dekades gelede skryf Biko (1987:28) al: “Apartheid – both petty and

grand – is obviously evil. Nothing can justify the arrogant assumption

that a clique of foreigners has the right to decide on the lives of a

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!