LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p176 2. Die pad wat die perd geloop het Die ABDCE-model van Müller, Van Deventer en Human (2001) is gekies om struktuur aan hierdie navorsingsverslag te gee. In die eerste drie hoofstukke is onderskeidelik aan die verhale van aksie (action), agtergrond (background) en ontwikkeling (development) aandag gegee. In hierdie hoofstuk kom die vierde deel, ʼn verhaal van klimaks (climax) aan die orde. In die ABDCE-model word die vierde komponent, klimaks, verstaan as die hoogtepunt van die verhaal van die navorsing. “Die klimaks is die eerlike resultaat, wat op sy eie ontwikkel het, sonder inmenging of manipulasie van enigiemand om ʼn vooropgestelde uitslag te verkry” (Fourie 2008:59). Die besondere ondekking(s) van die navorsing kom hier na vore. Die bydrae wat die navorsing maak tot die vakwetenskaplike kennis, lê waarskynlik ook grootliks in hierdie en die laaste hoofstuk. In ʼn poging om klimaks te verduidelik, gebruik Lamott (1995:114) ʼn baie mooi beeld: “If you’re lost in the forest, let the horse find the way home. You have to stop directing, because you will only get in the way.” Hiermee wil sy aandui dat die klimaks ʼn proses is wat vanself gebeur sonder inmenging van die navorser. Dit is dan ook hierdie beeld wat aanleiding gee tot die opskrif van hierdie afdeling. Sy beskryf hierdie proses verder: “You move them along until everything comes together in the climax, after which things are different for the main characters, different in some real way” (Lamott 1995:62). In terme van die longitudinale aard van die studie, behoort hierdie hoofstuk te onthul watter, indien enige, verandering daar oor die afgelope veertien jaar by die medenavorsers plaasgevind het en ook die redes daarvoor (Foster et al 1997:9). Die klimaks lê daarin dat die twee stelle data met mekaar vergelyk kan word en bepaalde perspektiewe dan uitgelig kan word. Die navorsing is gedoen sonder dat ʼn spesifieke verandering geantisipeer is. Die waarde sal juis bepaal word deur enige moontlike verandering te dokumenteer. In die lig van ander eietydse bronne sou daar bepaalde verwagtinge kon wees oor die aard van veranderings in die siening van die medenavorsers, sonder om die ondersoek in daardie rigting te manipuleer. Deur middel van die gebruik van oop vrae word die mede-navorsers die geleentheid gegee om self hulle standpunte oor die aangewese kwessies te stel. Oor die aard en omvang van die klimaks sal eers aan die einde geoordeel kan word.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd p177 3. Metodologie Soos in hoofstuk een verduidelik is, is die navorsing gebou op onderhoude met ʼn groep wit Afrikaanse Christene in Welkom. Die aanvanklike navorsing is in 1998 gedoen en wel in groepsverband. ʼn Reeks van agt groepsgesprekke is gevoer waarby die meeste van die mede-navorsers elke keer teenwoordig was. Die resultate van daardie navorsing is in hoofstuk drie aan die orde gestel. Die ideaal sou wees om ook vir die opvolgnavorsing in 2012 só ʼn reeks groepsgesprekke te kon hou. Bepaalde praktiese faktore het dit onmoontlik gemaak. Die grootste hiervan is dat ʼn beduidende aantal van die mede-navorsers nie meer in Welkom woon nie. Die oudste van die groep, Ben, is ook sedertdien oorlede. In plaas van groepsgesprekke is daar besluit om ʼn reeks persoonlike gesprekke te voer. Die meeste mede-navorsers het as egpare aan die aanvanklike rondte deelgeneem en daarom is die opvolggesprekke met hulle as egpare gevoer. Met drie van die medenavorsers (Hanlie, Isak en George) is die gesprekke in ʼn een-tot-een situasie gevoer. Op een uitsondering na is almal in hulle huise ontmoet vir die gesprekke. Die een uitsondering (George) het van Odendaalsrus gekom en my tuis kom sien. Ten einde by almal uit te kom, het ek tydens my vakansie tyd ingeruim om Elsa en Frans in Malmesbury te gaan besoek. Ek het ook een naweek spesiaal Prieska toe gery om met Mike en Naomi te gaan praat. Soos met die aanvanklike navorsing is die gesprekke met die toestemming van die mede-navorsers opgeneem en later getranskribeer. Hierdie sewe transkripsies word as Bylaag 9 tot 15 in elektroniese formaat by hierdie navorsingsverslag aangeheg. Ek het ook ʼn oop uitnodiging gerig aan die mede-navorsers om hulle reaksies op bepaalde vrae op skrif te sit. Drie van hulle (Isak, Johan en Karin) het daarop gereageer. Hierdie drie skriftelike bydraes word as Bylaag 16 tot 18 ook in elektroniese formaat aangeheg. Alle aanhalings uit die mede-navorsers se bydraes word weereens in ʼn ander lettertipe aangedui. Alle aanhalings is voorsien van die gebruiklike verwysing in vierkantige hakkies, byvoorbeeld [Frans 9-123]. Die gebruik van hierdie verwysings is in hoofstuk een verduidelik.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p177

3. Metodologie

Soos in hoofstuk een verduidelik is, is die navorsing gebou op onderhoude met ʼn groep

wit Afrikaanse Christene in Welkom. Die aanvanklike navorsing is in 1998 gedoen en

wel in groepsverband. ʼn Reeks van agt groepsgesprekke is gevoer waarby die meeste

van die mede-navorsers elke keer teenwoordig was. Die resultate van daardie

navorsing is in hoofstuk drie aan die orde gestel.

Die ideaal sou wees om ook vir die opvolgnavorsing in 2012 só ʼn reeks groepsgesprekke

te kon hou. Bepaalde praktiese faktore het dit onmoontlik gemaak. Die

grootste hiervan is dat ʼn beduidende aantal van die mede-navorsers nie meer in

Welkom woon nie. Die oudste van die groep, Ben, is ook sedertdien oorlede. In plaas

van groepsgesprekke is daar besluit om ʼn reeks persoonlike gesprekke te voer. Die

meeste mede-navorsers het as egpare aan die aanvanklike rondte deelgeneem en

daarom is die opvolggesprekke met hulle as egpare gevoer. Met drie van die medenavorsers

(Hanlie, Isak en George) is die gesprekke in ʼn een-tot-een situasie gevoer.

Op een uitsondering na is almal in hulle huise ontmoet vir die gesprekke. Die een

uitsondering (George) het van Odendaalsrus gekom en my tuis kom sien. Ten einde by

almal uit te kom, het ek tydens my vakansie tyd ingeruim om Elsa en Frans in

Malmesbury te gaan besoek. Ek het ook een naweek spesiaal Prieska toe gery om met

Mike en Naomi te gaan praat.

Soos met die aanvanklike navorsing is die gesprekke met die toestemming van die

mede-navorsers opgeneem en later getranskribeer. Hierdie sewe transkripsies word as

Bylaag 9 tot 15 in elektroniese formaat by hierdie navorsingsverslag aangeheg.

Ek het ook ʼn oop uitnodiging gerig aan die mede-navorsers om hulle reaksies op

bepaalde vrae op skrif te sit. Drie van hulle (Isak, Johan en Karin) het daarop

gereageer. Hierdie drie skriftelike bydraes word as Bylaag 16 tot 18 ook in elektroniese

formaat aangeheg.

Alle aanhalings uit die mede-navorsers se bydraes word weereens in ʼn ander

lettertipe aangedui. Alle aanhalings is voorsien van die gebruiklike verwysing in

vierkantige hakkies, byvoorbeeld [Frans 9-123]. Die gebruik van hierdie verwysings is

in hoofstuk een verduidelik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!