25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOOFSTUK 4

DIE VERHAAL OOR APARTHEID – TEENSWOORDIGE TYD

(ʼn Klimaks in die verhaal) 27

My spiritualiteit was heeltemal te veel op die persoonlike vroomheid

ingestel. Ek was te lank blind vir die verskriklike magtelose en

uitsiglose toestand waarin soveel mense in Suid-Afrika moet leef en

werk. Daaroor voel ek skuldig (Müller 2000a:23).

1. Inleiding

In hierdie hoofstuk kom die resultate van die opvolgnavorsing aan die orde. Veertien

jaar na die aanvanklike navorsing waaroor in hoofstuk drie verslag gedoen is, is

dieselfde mede-navorsers weer uitgevra oor dieselfde temas as vroeër. Hierdie

hoofstuk rapporteer die resultate van hierdie longitudinale studie waarin die twee

ondersoeke met mekaar vergelyk is. Die titel van die hoofstuk Die verhaal oor apartheid

gee dan ook te kenne dat hier ʼn verhaal vertel word van mense wat van buite na die

fenomeen van apartheid kyk. Hierdie hoofstuk gee ook nie voor om die klimaks van die

verhaal te wees nie, bloot net ʼn klimaks in die verhaal. Ander apartheidsnarratiewe kan

ander klimakse hê wat nie hierdie perspektief ongeldig of irrelevant maak nie.

Soos in die vorige hoofstuk word bepaalde aspekte van die lewe van wit Afrikaanse

Christene in ʼn post-apartheid Suid-Afrika in hierdie hoofstuk gekarteer. Die medenavorsers

se narratiewe word hier byeengebring en volgens soortgelyke temas as in

die vorige hoofstuk aangebied. Hierdie narratiewe word weereens gemeet aan en

vergelyk met ander plaaslik en internasionaal gepubliseerde bronne, en van rolspelers

van verskillende rasse. Aangesien Suid-Afrika ʼn land in oorgang is – van ʼn bedeling

van geïnstitusionaliseerde rassisme en rassediskriminasie na ʼn vrye demokrasie – is

die klem in die navorsing op die verhouding tussen swart en wit. Die temas konsentreer

op aspekte wat hierdie rasseverhoudings affekteer; die oorhoofse tema is een van

versoening met die gepaardgaande aspekte van rassisme, skuld en die rol van die

kerk. Hieruit spruit ook die ondersoek na skuldbelydenis en regstellende aksie.

27 Met verwysing na die vierde deel (climax) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCEmodel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!