LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p174 tyd verander, en laastens ʼn skoorvoetende erkenning dat alles nie reg was met die beleid van apartheid nie. In hoofstuk vier kom dieselfde gespreksgenote weer aan die woord. Dieselfde onderwerpe word weer aangeraak, maar nou veertien jaar later, in 2012.

HOOFSTUK 4 DIE VERHAAL OOR APARTHEID – TEENSWOORDIGE TYD (ʼn Klimaks in die verhaal) 27 My spiritualiteit was heeltemal te veel op die persoonlike vroomheid ingestel. Ek was te lank blind vir die verskriklike magtelose en uitsiglose toestand waarin soveel mense in Suid-Afrika moet leef en werk. Daaroor voel ek skuldig (Müller 2000a:23). 1. Inleiding In hierdie hoofstuk kom die resultate van die opvolgnavorsing aan die orde. Veertien jaar na die aanvanklike navorsing waaroor in hoofstuk drie verslag gedoen is, is dieselfde mede-navorsers weer uitgevra oor dieselfde temas as vroeër. Hierdie hoofstuk rapporteer die resultate van hierdie longitudinale studie waarin die twee ondersoeke met mekaar vergelyk is. Die titel van die hoofstuk Die verhaal oor apartheid gee dan ook te kenne dat hier ʼn verhaal vertel word van mense wat van buite na die fenomeen van apartheid kyk. Hierdie hoofstuk gee ook nie voor om die klimaks van die verhaal te wees nie, bloot net ʼn klimaks in die verhaal. Ander apartheidsnarratiewe kan ander klimakse hê wat nie hierdie perspektief ongeldig of irrelevant maak nie. Soos in die vorige hoofstuk word bepaalde aspekte van die lewe van wit Afrikaanse Christene in ʼn post-apartheid Suid-Afrika in hierdie hoofstuk gekarteer. Die medenavorsers se narratiewe word hier byeengebring en volgens soortgelyke temas as in die vorige hoofstuk aangebied. Hierdie narratiewe word weereens gemeet aan en vergelyk met ander plaaslik en internasionaal gepubliseerde bronne, en van rolspelers van verskillende rasse. Aangesien Suid-Afrika ʼn land in oorgang is – van ʼn bedeling van geïnstitusionaliseerde rassisme en rassediskriminasie na ʼn vrye demokrasie – is die klem in die navorsing op die verhouding tussen swart en wit. Die temas konsentreer op aspekte wat hierdie rasseverhoudings affekteer; die oorhoofse tema is een van versoening met die gepaardgaande aspekte van rassisme, skuld en die rol van die kerk. Hieruit spruit ook die ondersoek na skuldbelydenis en regstellende aksie. 27 Met verwysing na die vierde deel (climax) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCEmodel.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p174

tyd verander, en laastens ʼn skoorvoetende erkenning dat alles nie reg was met die

beleid van apartheid nie. In hoofstuk vier kom dieselfde gespreksgenote weer aan die

woord. Dieselfde onderwerpe word weer aangeraak, maar nou veertien jaar later, in

2012.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!