25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p3

geword waarin die een term nie los van die ander gebruik is nie. In hierdie navorsing

word doelbewus op wit mense gefokus, omdat hulle tydens apartheid stemreg gehad

het, op Afrikaners vanweë hulle besondere rol in die land se geskiedenis, en op

Christene omdat die studie juis wil vra na die rol van die kerk en die lidmate van die

kerk, en by name die NG Kerk. Die volgorde waarin die drie terme gebruik word, word

dikwels afgewissel na gelang van die omstandighede. Daar is geen waarde-oordeel in

die manier waarop dit gebruik word nie.

Die aanvanklike navorsing vind plaas in die tweede semester van 1998, in die tyd

waarin die WVK se verslag gepubliseer word. Die opvolgnavorsing vind veertien jaar

later plaas, aan die begin van 2012.

Die hele navorsingsverslag word gestruktureer aan die hand van Julian Müller se

“apartheidsverhaal” soos hy dit in sy boek Reis-geselskap (2000a:20-22) vertel. Tydens

'n internasionale kongres vertel hy grepe uit sy eie lewensverhaal. Hy noem hierdie

verhaal 'n “vernederende verhaal” en 'n “verhaal van shame”. Hy praat oor sy traagheid

om nie gouer tot beter insigte te gekom het nie, en oor sy behoefte om te sê hy is

jammer oor sy betrokkenheid by apartheid en sy teleurstelling met die NG Kerk.

Alhoewel ek die boek al jare gelede gelees het, was dit eers met 'n herlees tydens die

opskryfproses van die navorsing dat die inhoud daarvan my diep getref het. Ek kon

baie duidelike ooreenkomste sien tussen sy verhaal en myne en dié van my medenavorsers.

As hy in 1998 ʼn lidmaat van die NG Gemeente Welkom-Suid was, kan ek

nogal dink dat hy goed sou kon inpas by die res van die navorsingsgroep. Uiteraard

kan nie almal praat van ʼn “waterskeidingsmoment” (Müller 2000a:21) in hulle siening

van apartheid nie en natuurlik het nie almal dieselfde ervarings gehad nie, en tog was

daar wesentlike ooreenkomste wat die oog getref het. Sy worsteling oor sy bykans

outomatiese baasskap oor sy swart maatjie, Daniël; die twyfel oor die regverdigbaarheid

van die beleid van apartheid; sy teleurstelling in die NG Kerk oor die

aanvanklike weiering om skuld oor apartheid te bely en sy persoonlike skuld, is alles

aspekte wat ook in die groepsgesprekke na vore gekom het.

Müller se verhaal word in ’n bepaalde sin ’n onbedoelde eggo van die groep se verhale.

Ek gebruik uittreksels uit sy verhaal om bepaalde hoofstukke en onderafdelings van die

navorsingsverslag aan die orde te stel. Soms funksioneer dit aanvullend, soms

kontrasterend.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!