LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p172 Om skuld te bely is een ding, maar dan moet jy glo dat daar iets is om te bely. Van sommige lidmate van die NG Kerk is dit waar, maar beslis nie van almal nie. Daar is diegene wat steeds volhard dat daar geen fout was met apartheid nie. 8. ’n Herhaling van die patroon? Ten spyte van hulle mede-Afrikaners wat erken dat apartheid verkeerd was en baie skade aan swart mense gedoen het, is daar steeds diegene wat glo daar was niks verkeerd met die vorige bedeling nie. Al verbloem hulle hul uitsprake op allerlei maniere, sê hulle eintlik maar nog steeds net die slegte gedeelte van apartheid... dit is wel sonde [Mike 6-057]. Selfs al sê hulle dit nie in soveel woorde nie, tree hulle op soos in die ou bedeling… [Mike 2-520]. Mike [2-524] sê hy sien dit daagliks in die manier waarop wit ouers hulle kinders leer om met swart mense te praat. Hanlie herroep twee voorvalle van blatante rassisme uit die voorafgaande week. Dan sê sy: Dis wat ek bedoel as ek sê apartheid is still alive and well in South-Africa [Hanlie 2-530]. In beide gevalle het wit mense steeds na swart mense verwys as “kaffirs”. By sommige van die mede-navorsers was die idee van identifisering met 'n groep baie sterk. So kla Johan [3-627] die groep daarvan aan dat hulle ontken dat afsonderlike groepe bestaan, elkeen met sy eie kultuur, taal en gebruike. Hy kry steun van Mike [3-664] as dié sê selfgekose apartheid, is my eie keuse. As ek wil nie saam met jou kuier nie, is dit my keuse. Alhoewel Mike [3-665] verder gaan en sê: dit gaan nie oor of jy swart of wit is nie, is dit tog ʼn vraag of dit nie presies is wat hy bedoel nie. Tydens die sesde gesprek vra Hanlie [6-154] ʼn vraag oor die implementering van aparte ontwikkeling met naasteliefde en regverdigheid soos sommige aanvoer. Sy meen dat baie wit Afrikaners so ʼn bedeling sou steun in die nuwe Suid- Afrika. Johan [6-187] erken dat hy een van daardie groep wit Afrikaners is: Ek praat nie van verpligte segregasie nie, waar die een minder geleenthede het as die ander een nie, ek praat van, gun my die geleentheid om in Afrikaans skool te gaan, gun my die geleentheid om in

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p173 Afrikaans kerk toe te gaan, dit is my taal, dit gaan nie oor swart en wit nie... Dit gaan oor die kultuur. Ek is nie ʼn Zoeloe nie, wat wil ek met Zoeloe kultuur maak? Gun my om ʼn Westerse opera in die Staatsteater te gaan kyk, moet dit nie wil wegvat net omdat ek die minderheid in SA is nie. Terwyl die behoefte aan kulturele ruimte waardeer kan word, maak dit tog weer die deur oop vir ’n vorm van neo-apartheid waar taal en kultuur ge(mis)bruik word vir voorkeurbehandeling en bevordering, weereens tot die nadeel van hulle wat nie deel uitmaak van die aangewese groep nie. Die groot vraag in post-apartheid Suid-Afrika is “whether we are able to accept those who are different from us in community with us" (Villa-Vicencio & Niehaus 1995:154). 9. Samevatting Hierdie hoofstuk verwoord die ontwikkeling (development) aspek van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCE-model, naamlik die verhaal van ontwikkeling. Aandag is dus gegee aan die stemme van die mede-navorsers in die aanvanklike navorsing in 1998. Hulle menings is ondersteun of bevraagteken deur allerlei ander bronne wat deurlopend in aparte raampies aangebied is. Daar is begin met ʼn oorsig oor apartheid en die vyfvoudige effek wat dit op wit Afrikaners gehad het. Hierdie vyf is die twee leefwêrelde in een land, die verlies van swart mense se menswaardigheid, rassisme, paternalisme en die vraag of wit mense verby klein apartheid kan kyk om die werklike probleem raak te sien. Die “belediging van apartheid”, naamlik dat apartheid ten diepste gegaan het oor swart mense se menswaardigheid, vorm die draaipunt van hierdie hoofstuk. Hierna is aangedui hoe die WVK alle moontlike ontkenning van die tafel gevee het en die sosiale geheim van apartheid aan die wêreld ontbloot het. Die mede-navorsers se reaksie op die WVK-onthullings vorm die laaste groot deel van die hoofstuk. Hierdie reaksies sluit alles in van totale ontkenning, ʼn beroep op misleiding, die gevaar van kommunisme tot ʼn poging om aan te dui dat dinge tog oor

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p173

Afrikaans kerk toe te gaan, dit is my taal, dit gaan

nie oor swart en wit nie... Dit gaan oor die

kultuur. Ek is nie ʼn Zoeloe nie, wat wil ek met

Zoeloe kultuur maak? Gun my om ʼn Westerse opera in

die Staatsteater te gaan kyk, moet dit nie wil

wegvat net omdat ek die minderheid in SA is nie.

Terwyl die behoefte aan kulturele ruimte waardeer kan word, maak dit tog weer die

deur oop vir ’n vorm van neo-apartheid waar taal en kultuur ge(mis)bruik word vir

voorkeurbehandeling en bevordering, weereens tot die nadeel van hulle wat nie deel

uitmaak van die aangewese groep nie. Die groot vraag in post-apartheid Suid-Afrika is

“whether we are able to accept those who are different from us in community with us"

(Villa-Vicencio & Niehaus 1995:154).

9. Samevatting

Hierdie hoofstuk verwoord die ontwikkeling (development) aspek van Müller, Van

Deventer en Human (2001) se ABDCE-model, naamlik die verhaal van ontwikkeling.

Aandag is dus gegee aan die stemme van die mede-navorsers in die aanvanklike

navorsing in 1998. Hulle menings is ondersteun of bevraagteken deur allerlei ander

bronne wat deurlopend in aparte raampies aangebied is.

Daar is begin met ʼn oorsig oor apartheid en die vyfvoudige effek wat dit op wit

Afrikaners gehad het. Hierdie vyf is die twee leefwêrelde in een land, die verlies van

swart mense se menswaardigheid, rassisme, paternalisme en die vraag of wit mense

verby klein apartheid kan kyk om die werklike probleem raak te sien.

Die “belediging van apartheid”, naamlik dat apartheid ten diepste gegaan het oor swart

mense se menswaardigheid, vorm die draaipunt van hierdie hoofstuk. Hierna is

aangedui hoe die WVK alle moontlike ontkenning van die tafel gevee het en die sosiale

geheim van apartheid aan die wêreld ontbloot het.

Die mede-navorsers se reaksie op die WVK-onthullings vorm die laaste groot deel van

die hoofstuk. Hierdie reaksies sluit alles in van totale ontkenning, ʼn beroep op

misleiding, die gevaar van kommunisme tot ʼn poging om aan te dui dat dinge tog oor

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!