LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p170 Die beskuldigings word waarskynlik met reg gemaak teen die Kerk. So sê Joubert (1991:48) byvoorbeeld: "Ek neem die kerk kwalik dat hy ons nie op ons dwalinge gewys het nie. Die kerk het ons in ons half-wees Christenskap versterk." Verwoerd (1996:33), kleinseun van die argitek van apartheid, haal aan uit sy dagboek waarin hy in 1986 reeds skryf: “En hoekom het die NGK nie vroeër geluister na die kritiek op Apartheid nie?" Selfs Johan Heyns se mening is: "Die kerk behoort eintlik lankal verder te wees as wat hy vandag is" (aangehaal in Meiring 1985:144). Uiteindelik skryf Raubenheimer (1998:6) in alle eerlikheid: “Ons moet erken dat ons as kerk in die verlede nie altyd sensitief genoeg was vir die getuienis van ander gelowiges in ons land en ook in die buiteland, toe hulle met ons oor hierdie dinge wou praat nie.” 7.3 “Hulle begin darem seker nou Christene raak” In Kerk en Samelewing 1990 (Ned Geref Kerk 1990:39) erken die NG Kerk onder andere dat hy te lank die beleid van apartheid “te abstrak en teoreties, en daarom ook te onkrities beoordeel het.” Die NG Kerk erken verder “die reg en vryheid tot eie kulturele erfenis” is “tot ʼn politieke ideologie van apartheid uitgebou as ʼn sisteem vir die beskerming van die eie belange van die blanke minderheid ten koste van dié van andere.” Die NG Kerk het nog nooit vantevore so ver gegaan in die beoordeling van apartheid nie. Hieroor skryf Gaum (1997b:6): “Die NG Kerk het in 1990 op die duidelikste manier nóg afskeid geneem van apartheid en by implikasie vir 'n nuwe bedeling gekies... Oor apartheid en die ongeregtighede wat uit dié stelsel voortgevloei het, het die NG Kerk te lank stilgebly.” Die NG Kerk het wel skuld bely, maar lidmate identifiseer nie noodwendig daarmee nie. Steeds is dit nog nie almal in die NG Kerk... [wat] voel... soos wat hier staan nie [Elsa 6-533]. Skielik is daar blykbaar niemand wat ooit vir die NP gestem het nie. "Suddenly, there are no racists left in South Africa, only ‘proud ethnic nations and patriots’" (Horn 1994:28). Tydens een van die gesprekke vertel ek van ʼn gebeurtenis wat in daardie tyd in ons gemeente afgespeel het, wat duidelik wys dat nie alle lidmate dieselfde voel oor die NG Kerk se skuldbelydenis nie. Ons het selde bruin mense gehad wat die eredienste bygewoon het. Een oggend het Rose, ʼn bruin onderwyseres, en haar man die erediens bygewoon. Ek het hulle pas die vorige week as nuwe intrekkers tydens huisbesoek

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p171 ontmoet. Ek stap na die diens na hulle om hulle te verwelkom en om haar te vra oor haar deelname aan die navorsingsprojek. Dit was egter nie die einde van die saak nie: later deur die week het 'n kerkraadslid my kom sien, en hy was onder andere baie ongelukkig daaroor gewees, hy en 'n klompie van die ander kerkraadslede, dat ek afgegaan het en hulle met die hand gaan groet het en verwelkom het in die kerk [Albert 6-628]. In reaksie op die verhaal sê Ben [6-671] dit reguit: Hier is nog baie mense in ons gemeente wat nie gelukkig is om te sê dit was verkeerd nie, hulle het allerhande redenasies en die Bybel, hulle praat nou meer van die Ou Testament. Aan die einde van die aanvanklike navorsing, in die laaste gesprek, vra ek steeds die vraag: Ek wonder hoeveel van ons lidmate gaan hulle daarmee identifiseer [Albert 8-485]. Horn (1994:28) kan nou wel sê dat daar niemand is wat steun aan apartheid sal erken nie, maar hy hou duidelik nie rekening met mense soos Gertenbach nie. Jare vroeër reeds het Gertenbach (1985:5) ontken dat daar enigsins ʼn probleem is waaroor skuld bely moet word nie. Jare later sou hy wel effens toegee dat daar wel moontlik “individuele lidmate” kon wees wat tereggewys moet word, “wat gefouteer het, al was dit in goeie trou... Maar vir gemeentes, ringe en sinodes om kollektief op te tree en namens onskuldiges belydenis te doen? Nooit!” (Gertenbach 1998:5). In hierdie standpunt sluit Gertenbach aan by Pieter Potgieter (1995:6) wat beklemtoon dat die kerk “nie namens ander skuld bely nie,” elkeen moet maar vir homself skuld bely. Sodra skuldbelydenis gepaardgaan met ʼn verduideliking, kom die belydenis self in gedrang. Elsa [6-489] sê: As mens nou hierdie stukkie lees oor die kerk, dan kry ek die idee, hulle sê nou hier hulle is jammer oor goeters, maar daar kom elke keer die "maar" by. Hierdie selfde gedagte vorm ook die basis vir Retief (1998:15) se artikel met die beskrywende titel: As mens sê hy's jammer, dan is daar geen 'ja, máár...' nie. Rose [7-583] se reaksie op die NG Kerk se skuldbelydenis is eenvoudig: dis nou hoog tyd. Ek gaan nou baie eerlik wees: Dit is hoog tyd, hulle begin darem seker nou Christene raak.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p171

ontmoet. Ek stap na die diens na hulle om hulle te verwelkom en om haar te vra oor

haar deelname aan die navorsingsprojek. Dit was egter nie die einde van die saak nie:

later deur die week het 'n kerkraadslid my kom sien,

en hy was onder andere baie ongelukkig daaroor

gewees, hy en 'n klompie van die ander kerkraadslede,

dat ek afgegaan het en hulle met die hand gaan

groet het en verwelkom het in die kerk [Albert 6-628].

In reaksie op die verhaal sê Ben [6-671] dit reguit: Hier is nog baie mense in

ons gemeente wat nie gelukkig is om te sê dit was verkeerd nie,

hulle het allerhande redenasies en die Bybel, hulle praat nou

meer van die Ou Testament. Aan die einde van die aanvanklike navorsing, in die

laaste gesprek, vra ek steeds die vraag: Ek wonder hoeveel van ons lidmate

gaan hulle daarmee identifiseer [Albert 8-485].

Horn (1994:28) kan nou wel sê dat daar niemand is wat steun aan apartheid sal erken

nie, maar hy hou duidelik nie rekening met mense soos Gertenbach nie. Jare vroeër

reeds het Gertenbach (1985:5) ontken dat daar enigsins ʼn probleem is waaroor skuld

bely moet word nie. Jare later sou hy wel effens toegee dat daar wel moontlik

“individuele lidmate” kon wees wat tereggewys moet word, “wat gefouteer het, al was

dit in goeie trou... Maar vir gemeentes, ringe en sinodes om kollektief op te tree en

namens onskuldiges belydenis te doen? Nooit!” (Gertenbach 1998:5). In hierdie

standpunt sluit Gertenbach aan by Pieter Potgieter (1995:6) wat beklemtoon dat die

kerk “nie namens ander skuld bely nie,” elkeen moet maar vir homself skuld bely.

Sodra skuldbelydenis gepaardgaan met ʼn verduideliking, kom die belydenis self in

gedrang. Elsa [6-489] sê: As mens nou hierdie stukkie lees oor die

kerk, dan kry ek die idee, hulle sê nou hier hulle is jammer oor

goeters, maar daar kom elke keer die "maar" by. Hierdie selfde gedagte

vorm ook die basis vir Retief (1998:15) se artikel met die beskrywende titel: As mens

sê hy's jammer, dan is daar geen 'ja, máár...' nie.

Rose [7-583] se reaksie op die NG Kerk se skuldbelydenis is eenvoudig:

dis nou hoog tyd. Ek gaan nou baie eerlik wees: Dit

is hoog tyd, hulle begin darem seker nou Christene

raak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!