25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p170

Die beskuldigings word waarskynlik met reg gemaak teen die Kerk. So sê Joubert

(1991:48) byvoorbeeld: "Ek neem die kerk kwalik dat hy ons nie op ons dwalinge

gewys het nie. Die kerk het ons in ons half-wees Christenskap versterk." Verwoerd

(1996:33), kleinseun van die argitek van apartheid, haal aan uit sy dagboek waarin hy

in 1986 reeds skryf: “En hoekom het die NGK nie vroeër geluister na die kritiek op

Apartheid nie?" Selfs Johan Heyns se mening is: "Die kerk behoort eintlik lankal verder

te wees as wat hy vandag is" (aangehaal in Meiring 1985:144). Uiteindelik skryf

Raubenheimer (1998:6) in alle eerlikheid: “Ons moet erken dat ons as kerk in die

verlede nie altyd sensitief genoeg was vir die getuienis van ander gelowiges in ons land

en ook in die buiteland, toe hulle met ons oor hierdie dinge wou praat nie.”

7.3 “Hulle begin darem seker nou Christene raak”

In Kerk en Samelewing 1990 (Ned Geref Kerk 1990:39) erken die NG Kerk onder

andere dat hy te lank die beleid van apartheid “te abstrak en teoreties, en daarom ook

te onkrities beoordeel het.” Die NG Kerk erken verder “die reg en vryheid tot eie

kulturele erfenis” is “tot ʼn politieke ideologie van apartheid uitgebou as ʼn sisteem vir die

beskerming van die eie belange van die blanke minderheid ten koste van dié van

andere.” Die NG Kerk het nog nooit vantevore so ver gegaan in die beoordeling van

apartheid nie. Hieroor skryf Gaum (1997b:6): “Die NG Kerk het in 1990 op die

duidelikste manier nóg afskeid geneem van apartheid en by implikasie vir 'n nuwe

bedeling gekies... Oor apartheid en die ongeregtighede wat uit dié stelsel voortgevloei

het, het die NG Kerk te lank stilgebly.”

Die NG Kerk het wel skuld bely, maar lidmate identifiseer nie noodwendig daarmee nie.

Steeds is dit nog nie almal in die NG Kerk... [wat] voel... soos

wat hier staan nie [Elsa 6-533]. Skielik is daar blykbaar niemand wat ooit vir die

NP gestem het nie. "Suddenly, there are no racists left in South Africa, only ‘proud

ethnic nations and patriots’" (Horn 1994:28).

Tydens een van die gesprekke vertel ek van ʼn gebeurtenis wat in daardie tyd in ons

gemeente afgespeel het, wat duidelik wys dat nie alle lidmate dieselfde voel oor die NG

Kerk se skuldbelydenis nie. Ons het selde bruin mense gehad wat die eredienste

bygewoon het. Een oggend het Rose, ʼn bruin onderwyseres, en haar man die erediens

bygewoon. Ek het hulle pas die vorige week as nuwe intrekkers tydens huisbesoek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!