25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p169

Ook swart Christene vra die NG Kerk "must not only declare racism a sin but must

reject Apartheid... They must then commit themselves to dismantle this system."

(Chikane 1989:17). Hy praat ook oor die enkele stemme wat opgaan teen die beleid

van apartheid as hy sê "even these good isolated voices were concerned with

excesses and the crude manifestations of evils of the system rather than the

fundamental injustices of that system."

Hierdie toedrag van onveranderlikheid word ook weerspieël in Hanlie se frustrasie met

die NG Kerk. Sy het alle bande met die NG Kerk verbreek, ek het totale kontak

met my kerk verloor [Hanlie 6-407]. Sy vertel dat sy een aand ʼn persoon gaan

besoek het wat ook lidmaat van die NG Kerk is. Daar gekom maak sy ʼn opmerking dat

sy sien hulle het ook M-Net 26 , waarop die lidmaat haar antwoord:

‘ja want ek kan die bleddie kafferprogramme nie kyk

nie’, dis 'n persoon wat gereeld by ons in die kerk

sit. Albert weet van baie dinge, ek kan al jare nie

meer daar kom sit en hoor hoe pragtig sing die mense

en hoor hoe wonderlik doen mense baie dinge vir

barmhartigheid wat ek nie eers doen nie, en ek weet

dieselfde mense kyk met 'n ander oog na hulle

bediendes [Hanlie 6-413].

Later vertel sy verder:

Ek wil net graag sê, lank terug het ek baie

gesprekke gehad oor moet ek nie weg uit hierdie kerk

van Welkom-Suid nie, en toe het ek gesê nee ek wil

'n verskil maak. Ek het met geweldig baie mense

gepraat en baie dinge gedoen maar jy kan net, ek kan

tog nie in die middel van die kerk opstaan en 'n

speech afsteek nie, asseblief nie. Nou as ek met die

dominees praat en hulle sê vir my die tyd is nog nie

reg nie, briewe rig aan die kerkraad en geen

antwoord daarop kry nie. Watter tree moet ek tree?

Toe gee ek my tree terug [Hanlie 6-444].

26 M-Net was die eerste TV betaalkanaal in Suid-Afrika.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!