25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p167

en nie-konkrete studie. Lidmate kan met reg vra oor die leiding wat aan die kerk gegee

is.

Frans [1-456] sê elders tog het ek grootgeword dat iewers moet hulle

eenkant wees en ek is eenkant. Die kerk het so gesê en die

regering het so gesê. In die woorde van Joubert (1991:47): "'n Mens wonder

vandag hoedat 'n mens, 'n volk homself so lank oor so iets kon laat mislei.” Gegewe

die Afrikaners [se] 'n onwrikbare geloof in ons kerkleiers [Isak

1-613] is dit egter te verstane dat Afrikaners nie sommer die beleid van die tyd

bevraagteken het nie.

Hierdie rol wat die NG Kerk in die verlede gespeel het, affekteer ook die rol wat die NG

Kerk in die toekoms sou kon speel. Eers het die NG Kerk die beleid van apartheid

goedgekeur, dit sterk Skriftuurlik gefundeer [George 1-519] en nou voel

dit vir my die kerk het 'n 180 grade draai gemaak. En alles

gefundeer uit die Woord van God uit. En dit is my dilemma ek kan

eenvoudig nie die kloutjie by die oor kry nie [Frans 1-459].

In haar gesprek met die mede-navorsers stel Rose [7-555], ʼn bruin vrou

wat as besoeker deelgeneem het aan een van die groepsgesprekke, dit

onomwonde: Waarom dit seker moeilik is om in die kerk

'n eenheid te vorm, is dat die NG Kerk spesifiek, al

die jare die backbone was van apartheid. Die NG Kerk

het apartheid op Bybelse gronde geskoei, m.a.w. hy

het teksies uit die Bybel uitgevat, en apartheid is

daarmee geregverdig... Ek het 'n persoonlike vriend

wat gevra het, as God 'n God is van regverdigheid en

geregtigheid, waar is hy as hy apartheid toelaat?.

In een van die gesprekke vertel ek van ʼn argument wat ek met ʼn ouer kollega gehad

het. Sy standpunt was eenvoudig dat die NG Kerk nog nooit apartheid gesteun het nie.

In reaksie hierop is Elsa [6-354] gou om te sê: Nee, ek kan nie met hom

saamstem nie. Die onthullende is egter die reaksie van Mike [6-356] as hy daarop

reageer met: Ek dink tog in 'n mate is dit baie wyd om te sê die NG

Kerk... Nou, dit is baie gevaarlik om te sê die NG Kerk het dit

nie gedoen nie. Ons moet liewers sê sommige dominees en sommige

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!