25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p166

immers 'n unieke gemeenskap, te wete die kerk van God [sy beklemtoning]”.

In die eerste gesprek verwoord Frans [1-444] sy probleem met die NG Kerk so:

My groot dilemma vandag, dink ek, is die... rol wat

die kerk gespeel het in hierdie hele apartheidpsigose.

Want ons het so grootgeword... maar wat van

1948 gebeur het, waar die regering ons

geïndoktrineer het, waar in ek groot geword het en

wat die kerk, veral die drie susterkerke 'n groot

leidende rol in gespeel het, kerkleiers wat op die

ou end in die politiek beland het. En dit voel vir

my, en ek sê dit tussen aanhalingstekens, asof ons

amper 'n geestelike rat voor die oë gedraai is, want

dit [apartheid] is wat reg is, dit is soos dit moet

wees.

Frans en van die ander mede-navorsers sou kon identifiseer met die standpunt van

Meyer en Naudé (1994:169) wanneer hulle die NG Kerk beskuldig van ʼn dualistiese

Christenskap: “The white DRC maintained a dualistic Christianity which place the

Kingdom of God outside history. It stressed personal salvation to the exclusion of social

justice and saw its task as extending charity at the expense of justice, equality and

unity.” Die fokus was amper eensydig op die gelowige se verhouding met God en die

implikasies wat dit het vir die leefwêreld van die gelowiges is, nie verreken nie. Later

sou die NG Kerk erken dit was té lank té teoreties besig met die apartheidskwessie.

Die volgende dien as goeie voorbeeld van so ʼn teoretiese besigwees: In 1988 skryf

Potgieter en Smit ʼn boekie getiteld Vernuwing of Konfrontasie waarin hulle die teologie

van bevryding bespreek. Na ʼn bespreking van die Marxistiese en neo-Marxistiese

milieu en die teologiese onderbou en ander sake, wy hulle ʼn hoofstuk aan die situasie

in Suid-Afrika. Hierin word die teologie van Boesak en Tutu uitvoerig bespreek.

Wanneer hulle egter in ʼn volgende hoofstuk praat oor die kerk in die samelewing, word

uitvoerig aandag gegee aan die wese van die kerk aan die hand van die Bybelse beeld

van die kerk as ʼn liggaam (Potgieter & Smit 1988:65). Die hartseer is dat saam met al

die waar en mooi dinge wat gesê word, daar niks konkreets gesê word oor die liggaam

van Christus in Suid-Afrika waarvan een deel seerkry nie. Die konsep van As een lid ly,

ly die hele liggaam (1 Korintiërs 12:26) kon nêrens ter sprake nie. Dit bly ʼn teoretiese

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!