25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p164

volstaan daarmee dat net die slegte gedeelte van apartheid [Frans 6-057]

verkeerd was, soos om hulle nie toelaat om deel te hê aan die dinge

wat vir ons almal geskenk was van Bo af [Frans 6-058] nie.

Ben [6-671] is heel eerlik as hy sê: Hier is nog baie mense in ons gemeente

wat nie gelukkig is om te sê dit was verkeerd nie. Isak [1-622] sê:

Oor apartheid het ek redelik vrede in my hart en gaan dan voort om te

sê: ...ek besef dit was nooit reg nie, maar... jy kon sê dit was

al manier waarop ons kon oorleef [Isak 1-622]. Frans [2-447] is tog gewillig

om te erken ons was bang vir die verwerping... jy wil liewers in

jou comfort zone bly. Dit lyk of wit Afrikaners steeds – nes kort na 1948 – bang

is om die prys te betaal vir ʼn politieke sisteem anders as apartheid (Malan 1990:19).

Ten spyte van wat baie wit Suid-Afrikaners gedink en gesê het, was die onthullings

voor die WVK net te verdoemend, te oorweldigend om te ignoreer. In die woorde van

die psigiater Kaliski (aangehaal in Krog 1998a:129) “The TRC is where the reality of

this country is hitting home and hitting home very hard.”

Uiteindelik het sommige erken dat apartheid verkeerd was en dat wit Afrikaners steeds

ten minste gedeeltelik te blameer is. Maar dit is moeilik om te erken dat dit wat vir jare

voorgestaan is, verkeerd was. In hierdie sin was dit nie anders as in ander lande nie.

Uit Amerika skryf Terry (1975:44) dat wit mense nodig het om “intimately conversant” te

raak met hulle rassistiese verlede. “Many whites, however, when confronted by the

racism in American history, refuses to deal with it. The usual response is: ‘We aren't

responsible for the past. We are not slaveowners (sic). We didn't do all that’” (Terry

1975:44).

Waar die erkennings wel gekom het, was dit huiwerig en dikwels gekwalifiseerd: En

ek het met daardie idee grootgeword en dit het van kleinsaf my

gepla. Dit was nie reg nie [Elsa 1-428], in ʼn sekere mate is dit ʼn

onregverdige bedeling [George 1-539] en ons het geweet in ons

agterkoppe, dit was verkeerd, maar dit was gerieflik en gemaklik

vir ons [Elsa 3-711].

Uiteindelik het een van die mede-navorsers, Elsa [6-096], die moed gehad om dit

hardop te sê: Ons het die mense basiese menseregte ontneem in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!