25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p163

Stavrianos (1982:478) stel dit so: “It is generally agreed that apartheid is

not a viable program, either economically or politically.” Hy noem 'n paar

ekonomiese redes, maar skryf dan oor swart mense wat aandring om

deel te wees van een verenigde Suid-Afrika en nie burgers van

kunsmatige tuislande nie: “Most important of all, the great majority of

Africans have no desire to be isolated as separate “tribal” entities.

Instead, they demand a fair share in the united South Africa of which

they are an integral part. In this demand they are backed by the growing

power of African nationalism in the rest of the continent.”

Die 1983-grondwet wat baie wit mense beskou het as ʼn tree in die regte rigting, was vir

swart Suid-Afrikaners “the final insult” (Malan 1990:151). Vir die swart bevolking was dit

'n verdere ontkenning van hulle posisie in Suid-Afrika. Kotzé (1990:58) beskou die

aanvaarding van die 1983-grondwet as “een van die belangrikste redes vir die

massamobilisasie van 1983/1984 wat tot groot geweld gelei het.” Wit Suid-Afrikaners

kon nie verstaan dat om voor in die bus te sit of dieselfde toilette te gebruik, nie die

kernsaak was nie. Hulle kon nie verstaan dat die uitdaging baie dieper gelê het nie. Vir

hulle was die beleid ten goede aan die verander.

6.5 “Iewers het dinge verskriklik verkeerd geloop” 25

Net soos wat dit oor die algemeen moeilik is om die sonde in jou lewe raak te sien en

te erken, is dit baie moeilik vir wit Suid-Afrikaners om te erken dat apartheid verkeerd

was en dat hulle ’n aandeel daarin het. Deur al die gesprekke was daar altyd iemand

wat wou ontken dat apartheid ooit verkeerd was of dat hulle iets te make gehad het

daarmee. In terme van Weingarten (2000) se model word die mate van verskuiwing na

ʼn bewuste posisie weer ongedaan gemaak deur die ontkenning van enige probleme

met apartheid.

Elsa [3-485] probeer om die bejaardes te verskoon wanneer sy sê: Die ouer mense

was so gewoond aan dié goed dat hulle nie regtig besef het dit

is verkeerd nie. Sy erken dat daar nog steeds mense [is] wat so dink

[Elsa 3-486]. Frans [2-279] se verskoning is dat ons apartheid geërf het en hy

25 Hierdie opskrif verwys na ʼn opmerking van Tutu tydens die WVK se ondersoek na die optrede van

Winnie Mandela (Krog1998:259).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!