25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p162

Terwyl sommige Afrikaanse kommentators die regering se inisiatiewe, soos P.W. Botha

se 1979 twaalfpunt-plan, as positief beskryf (Viljoen 1981:53), en die 1983-referendum

en gevolglike driekamer-parlement (Booysen & Van Wyk 1984) ten minste as “a

starting point” beskou (Van Wyk 1991:96), meen ander dit was maar net “more of the

same” (Serfontein 1982:54). In die groep is ook na hierdie tipe verandering verwys as

sou dit window dressing [wees] vir alle praktiese doeleindes [Albert

2-505]. ’n Gesaghebbende akademikus soos Sampie Terreblanche (1990:116) praat

selfs van "die algehele ontoereikendheid van die NP-regering se sogenaamde

hervormings-beleid...”. Hierdie beswaar kom omdat hervorming gepropageer word (De

Klerk 1985:93), maar niks gedoen word om die menswaardigheid van die swart

inwoners van die land te bevorder nie. Dit is hoekom Serfontein (1982:195) verwys na

die NP se hervormingsinisiatiewe as “no change, only movement.”

Professor Njabulo Ndebele (1989:104) vergelyk die verandering in Suid-

Afrika met ʼn vuurwerkvertoning en noem dit dan “a tragic make belief.”

Vir hom wys dit na “a dead past and memories of its glory, rather than

something alive, feeding the unfolding future.” Hy sien “no heroism” in

die tipe verandering wat die regering oor jare voorgestel het nie.

Alden (1996:275) is reg as hy beweer die meerderheid swart mense in

Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap beskou die Bothaadministrasie

se pogings tot politieke verandering bloot as skyn-pogings

tot verandering “…without fundamentally jeopardizing white power and

interests.” Alle sodanige pogings tot hervorming slaag alleenlik daarin

om die wêreld te oortuig van ʼn “singular reluctance to tackle the root

racialist assumptions which underlaid these policies” (Alden 1996:276).

Dit is daarom verstaanbaar wanneer Qwelane (1998:22) sê die houding

van wit Suid-Afrikaners “had not changed and black dignity was still not

respected.”

Dit mag so wees dat baie wit mense positief was oor die verskillende veranderings wat

geïmplementeer is deur die regering op verskillende tye, maar fundamenteel was dit

van geen waarde nie. Dit was die spreekwoordelike rondskuif van stoele op die dek

van 'n sinkende skip.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!