25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p159

6.3 “Ons is mislei”

ʼn Derde reaksie op die WVK-onthullings is soortgelyk aan die vorige een, maar tog in ’n

belangrike opsig anders. Weereens word beweer dat wit mense nie in ’n posisie was

om te weet van die impak van apartheid nie, en selfs al was hulle, sou hulle niks

daaraan kon doen nie. Hierdie keer is die verweer dat dit eksterne faktore was wat wit

mense in Weingarten (2000:396) se onbewus en ontmagtig kwadrant ingedwing het.

Die basis vir hierdie aanspraak is dat die regering die inwoners – lees wit mense –

mislei het deur die mag wat hulle uitgeoefen het oor die media asook deur direkte

intervensies soos die noodtoestande en doelbewuste leuens aan die publiek.

Dit is algemeen bekend en word so aanvaar dat wit Afrikaners uit ’n baie godsdienstige

agtergrond kom, hoofsaaklik Calvinisties Protestants. In hierdie omgewing word groot

klem geplaas op die respek verskuldig aan ouers en leiers. Dit het onder andere

beteken dat hulle vertrou moes word sonder om hulle te bevraagteken of teen te gaan.

Afrikaners het dikwels ʼn blinde lojaliteit teenoor die kerk, politieke leiers en

kultuurorganisasies (Gunning 1998:1).

In die gesprekke is hierdie sentiment dikwels uitgespreek: Ek is nou nog so

verstom dat die Afrikaners so ʼn onwrikbare geloof in ons

kerkleiers gehad het, en ook ons politieke leiers [Isak 1-612]. Hulle

word beskryf as nasionale helde [Isak 1-615] wat nie bevraagteken is nie. Oor die

beleid van apartheid en die gehoorsaamheid daaraan sê Mike [6-236]: apartheid

was ʼn beleid wat gevorm was deur ʼn party en ons het blindelings

saamgeloop.

Ander was meer krities oor die leiers in hulle beoordeling van apartheid. Danie [2-404]

gebruik woorde soos indoktrinering, persepsies vorm... breinspoeling

wanneer hy van die rol van politieke leiers praat. Naudé (1995:101) verwys

ook na die idee van breinspoeling terwyl (De Kock & Gordin 1998:28) sê "... the South

African public – doubtless including staunch supporters of the National Party – were

cruelly misled."

In 1990 word regter Louis Harms aangestel as die hoof van die Kommissie van

Ondersoek na Sekere Beweerde Moorde wat in daardie jaar gepleeg is. Wanneer De

Kock en Gordin (1998:188) die leuens beskryf wat Eugene De Kock en ander aan die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!