LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p154 goedkoop arbeid van swart mense en ten koste van hulle menswaardigheid. Hoeveel dit ook al mag waar wees dat ’n wit individu nie swart mense anders behandel het as wit mense nie, bly dit ’n feit dat die apartheid stelsel swart mense fundamenteel anders behandel het as wit mense. 6.2 “Die Rooi Gevaar” Daar is ook ʼn tweede reaksie wat, nes hierbo, “pedestrian”-status (Krog 1998a:162) opeis ten opsigte van die bevindings van die WVK. Dit is naamlik dat mense hulleself ten opsigte van apartheid bloot as onbetrokke toeskouers sien. Volgens Weingarten se skema beskou hierdie mense hulleself ook as beide onbewus en ontmagtig, soos die ontkenners hierbo. In hierdie geval is die groot verskoning die eksterne bedreiging van kommunisme. “...South Africa now faces to the north the Marxist regimes in Angola, Zimbabwe and Mozambique” (Stavrianos 1982:478). Ook die destydse minister van buitelandse sake, Pik Botha, sluit hierby aan as hy reageer op kritiek op die NP se 1983-grondwet. Hy sê: "Hulle bedoel dit seker goed, maar hulle val maklik in die hande van Moskou. Die basiese stukrag in alle teenstand kom van Moskou af" (aangehaal in Meiring 1985:37). In die groep was sommige lede baie uitgesproke oor die onthullings voor die WVK en het beweer dat hulle nie bewus was van die moorde en menseregte skendings [Johan 6-208] nie. Asook dat hulle afsonderlike ontwikkeling ondersteun het, en nie moord nie [Johan 6-209]. En dan word aangevoer dat kommunisme die rede agter die wreedhede was: Al hierdie dinge wat ons nou hoor voor die WVK, wreedhede, dit is nie alles as gevolg van apartheid gepleeg nie. Daai ouens het uitgerafel omdat hulle iets anders verdedig het as apartheid. Ons het laas ook oor die kommunistiese bedreiging gepraat... [Johan 6-211]. Tydens ʼn ander gesprek het Johan wéér oor kommunisme gepraat. Die implikasie van sy woorde is duidelik, naamlik dat ons die impak en implikasies van kommunisme totaal onderskat: het iemand al ooit... die invloed van die kommunisme op ons beeld van dat apartheid so sleg is, gaan bepaal [Johan 4-504]. Hy impliseer dat die wêreldwye veroordeling van apartheid nie so prominent sou gewees het as dit nie vir die kommunistiese propaganda was nie. ʼn

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p155 Soortgelyke aanspraak word ook gemaak deur Adendorff (1987:1) wanneer hy die Suid-Afrikaanse situasie eksklusief evalueer in terme van die kommunistiese aanslag. Ek vra die vraag: Hoekom het die swartes aanklank gevind by kommunisme? [Albert 4-606]. Twee opponerende menings is hieroor uitgespreek. Elsa [4-609] wonder of hierdie kommunisme nie vir die swartmense ʼn rytuig was, ʼn sisteem om hulle te help met hulle vryheidstryd nie? Hierteenoor stel Johan [4-614] die kommunistiese ekspansionisme idee: Ek sê juis die teenoorgestelde, die kommuniste het apartheid gebruik om ʼn atmosfeer in hierdie land te skep. Ek meen, wat was hulle beleid gewees? Dit was ekspansionisme, hulle wou hierdie land vat vir sy grondstowwe. Gegewe die agtergrond van sensorskap [Hanlie 2-460], disinformasie (De Kock & Gordin 1998:119) en breinspoeling [Danie 2-405] gedurende die apartheidsjare, is dit te verstane dat wit mense so ’n vaste geloof gehad het in die sogenaamde Rooi Gevaar (die verwysing na die bedreiging wat die kommunistiese ekspansionisme vir Suid-Afrika inhou) en die ander PW Botha konsep van die Totale Aanslag. In 1977 het Botha hierdie begrip gebruik om daarmee aan te dui dat Suid-Afrika op verskillende terreine bedreig is “by communists backed, or even coordinated, by Russia” (Boddy-Evans 2008). Elsa [4-550] se stelling dat kommunisme die Antichris [was] wat ons moes beveg, wat ons Christendom bedreig, was destyds wyd aanvaar. Human (2006:196) praat van 'n “Blanke Suid-Afrikaanse mentaliteit” wat reeds in die vroeë jare sestig bestaan “dat die staat en die samelewing bedreig is deur kommunisme.” ’n Magdom literatuur het oor baie jare verskyn oor die bedreiging van die kommunisme. In sy boek The Red Trap poog Vermaas (1966) om ʼn kort geskiedenis van die Kommunistiese Party en dié liggaam se vertakkings te gee. Hy doen dit deur grafiese beskrywings van swart op wit geweld wat hy alles toeskryf aan militante kommunisme. Geweld wat in die Transkei tuisland uitbreek teen ’n rehabilitasie-skema van die regering, skryf hy toe aan “Communist agitators” (Vermaas 1966:105). ’n Ander boek oor hierdie tema is die NG Sendingpers se Kommunistiese vrede of Christelike stryd (Du Plessis 1978). Hierin kontrasteer Du Plessis kommunisme met Christenskap en hou hy dit voor as ’n godsdiens met 'n eie plan van verlossing. Hy

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p155

Soortgelyke aanspraak word ook gemaak deur Adendorff (1987:1) wanneer hy die

Suid-Afrikaanse situasie eksklusief evalueer in terme van die kommunistiese aanslag.

Ek vra die vraag: Hoekom het die swartes aanklank gevind by

kommunisme? [Albert 4-606]. Twee opponerende menings is hieroor uitgespreek.

Elsa [4-609] wonder of hierdie kommunisme nie vir die swartmense ʼn

rytuig was, ʼn sisteem om hulle te help met hulle vryheidstryd

nie? Hierteenoor stel Johan [4-614] die kommunistiese ekspansionisme idee: Ek sê

juis die teenoorgestelde, die kommuniste het apartheid gebruik

om ʼn atmosfeer in hierdie land te skep. Ek meen, wat was hulle

beleid gewees? Dit was ekspansionisme, hulle wou hierdie land

vat vir sy grondstowwe.

Gegewe die agtergrond van sensorskap [Hanlie 2-460], disinformasie (De Kock &

Gordin 1998:119) en breinspoeling [Danie 2-405] gedurende die apartheidsjare, is dit te

verstane dat wit mense so ’n vaste geloof gehad het in die sogenaamde Rooi Gevaar

(die verwysing na die bedreiging wat die kommunistiese ekspansionisme vir Suid-Afrika

inhou) en die ander PW Botha konsep van die Totale Aanslag. In 1977 het Botha

hierdie begrip gebruik om daarmee aan te dui dat Suid-Afrika op verskillende terreine

bedreig is “by communists backed, or even coordinated, by Russia” (Boddy-Evans

2008). Elsa [4-550] se stelling dat kommunisme die Antichris [was] wat ons

moes beveg, wat ons Christendom bedreig, was destyds wyd aanvaar.

Human (2006:196) praat van 'n “Blanke Suid-Afrikaanse mentaliteit” wat reeds in die

vroeë jare sestig bestaan “dat die staat en die samelewing bedreig is deur

kommunisme.”

’n Magdom literatuur het oor baie jare verskyn oor die bedreiging van die kommunisme.

In sy boek The Red Trap poog Vermaas (1966) om ʼn kort geskiedenis van die

Kommunistiese Party en dié liggaam se vertakkings te gee. Hy doen dit deur grafiese

beskrywings van swart op wit geweld wat hy alles toeskryf aan militante kommunisme.

Geweld wat in die Transkei tuisland uitbreek teen ’n rehabilitasie-skema van die

regering, skryf hy toe aan “Communist agitators” (Vermaas 1966:105).

’n Ander boek oor hierdie tema is die NG Sendingpers se Kommunistiese vrede of

Christelike stryd (Du Plessis 1978). Hierin kontrasteer Du Plessis kommunisme met

Christenskap en hou hy dit voor as ’n godsdiens met 'n eie plan van verlossing. Hy

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!