25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p152

voorlegging aan die WVK maak Nigel Bruce, die destydse redakteur van Finance Week

selfs die opmerking: "We English have never been advantaged by Apartheid" (Krog

1998a:241). Dit is duidelik dat baie mense totaal uit voeling is met die effek van

apartheid. Hulle posisie is amper so absurd soos dié van P.W. Botha wat in 1986

teenoor die leier van die amptelike opposisie beweer het dat die meerderheid swart

mense hom steun (Slabbert 1999:27).

Daar is ook ʼn ander tipe ontkenning wat sê dat alhoewel apartheid verkeerd was, dit

nie nét verkeerd was nie, maar dat daar tog baie goed uit gekom het (Giliomee

1998:12). Dit is die standpunt wat lui dat as gevolg van apartheid “RSA is on the whole

a great deal better off than any other country in black Africa” (Cross 1991:29).

Die een area wat gewoonlik aangedui word as bewys dat die swart mense onder

apartheid soveel beter af is as baie ander Afrikalande, is die skoolstelsel. Daar word

beweer dat swart mense toegang gehad het tot skole wat deur die apartheidsregering

voorsien is, dikwels opgevolg deur ’n opmerking oor die swart jeug, wat skole

afgebrand [het] [Frans 7-633].

In reaksie op hierdie posisie plaas Rose ʼn ander perspektief op die tafel.

Rose beskryf haarself as ’n kleurlingvrou wat Afrikaans gee by 'n

hoërskool in die plaaslike kleurling-woonbuurt. Vir haar word apartheid

gedefinieer deur die woord “minder”, minder mens, minder

werker, wat jy ook al aan minder kan sit, dit is

apartheid [Rose 7-133]. Sy beskryf haar skool: Ons het ʼn ding

wat veronderstel is om ʼn laboratorium te wees. Al wat

daarin is, is ʼn glaskas en wasbakke met die krane.

Dis ʼn laboratorium by ʼn kleurlingskool. Dis waar ek

praat van die minder [Rose 7-135]. Selfs die onderwysers

se salarisse was minder: Tot en met 1983 was ʼn

kleuring onderwyser, swart onderwyser se salaris nog

minder, bykans die helfte minder as ʼn wit onderwyser

s'n [Rose 7-137]. Later in die gesprek verduidelik sy dat die regering

bereid was om ʼn persoon met net twee jaar post-matriek opleiding in ʼn

kleurlingskool aan te stel, maar vir die wit skole was die vereiste ten

minste drie of vier jaar opleiding. Maar selfs die bruin ou met

matriek en vier jaar het nog steeds minder gekry as

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!