25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p151

wat aan die gebeur was nie.

Die eerste reaksie van die groep, en van mense van buite, is die een van ontkenning.

Hierdie reaksie neem verskillende vorme aan: Enersyds is daar ’n volledige ontkenning

dat enigiets verkeerds ooit gebeur het. Andersyds is daar diegene wat wel ruimte laat

vir ’n beperkte erkenning, maar dit word onmiddellik teengewerk met argumente oor die

voordele van apartheid vir die swart inwoners van Suid-Afrika. Voorstaanders van

hierdie eerste posisie, naamlik dat apartheid nie so erg was nie, bestaan binne die

navorsingsgroep, maar ook in die breë gemeenskap.

Reeds in 1985 skryf oud-predikant en koerantman Willem De Klerk (1985:90) ʼn

evaluering van die destydse politieke situasie. Hy lys vyf groot Bybelse beginsels

waaraan enige politieke sisteem beoordeel moet word, naamlik liefde, regverdigheid,

vryheid, ordelikheid, vrede. Hy gaan dan voort om te sê dat ’n saak uitgemaak kan

word dat hierdie vyf beginsels die basis van die beleid van aparte ontwikkeling uitmaak.

Hy gee toe dat daar bepaalde foute in ons politieke houdings en gesindhede is en dat

dit moet verander. Hiervoor moet wit mense kollektiewe skuld aanvaar. Sy volgende

woorde sou nog baie gehoor word in die tyd van die WVK: “Natuurlik [sy beklemtoning]

is daar ook ’n hoop skuld op die skouers van gekleurdes” (De Klerk 1985:91).

Tydens die tweede groepsgesprek vra ek die vraag: Wat maak Suid-Afrika dan

nou so sleg? As julle dan nou sê dit gebeur orals, hoekom

hierdie hengse klomp stof oor ons? [Albert 2-103]. Isak [2-106] se antwoord

is nogal onthullend: Ons was naïef, en ons was eerlik. Dis asof hy daarmee

wil sê dat wit mense maar kon diskrimineer solank dit net nie amptelike beleid was nie.

Hierdie posisie word bevestig deur Hanlie [2-108] wat sê dis omdat dit op die

wetboeke was. Dit is ʼn argument wat ek ook kleintyd in my ouerhuis gehoor het.

Tydens die vierde gesprek keer Johan [4-497] terug na hierdie tema en veral die

oorsprong van apartheid. Hy voer aan dat Verwoerd geen slegte bedoelings met

apartheid gehad het nie, dit het eers later gekom. In ’n latere gesprek sou Mike [6-057]

sê: die slegte gedeelte van apartheid... dit is wel sonde. Die

implikasie is duidelik: apartheid was nie so sleg soos daar gesê is nie.

In ʼn koerant se briewekolom word ʼn soortgelyke saak aangeraak. Iemand vra "So how

bad could Apartheid have been?" (Krog 1998a:3). Tydens die besigheidsektor se

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!