25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p148

Matshikiza (2000:187) skryf: “It is probably true to say that a white

person can never truly understand the effect that apartheid… has had

on the minds of and bodies of black people… You have to be inside the

experience to really feel it.”

Ek dink Matshikiza is reg en dit is onrealisties om te verwag dat die wit gemeenskap

apartheid moet kan beoordeel in terme van wat dit aan swart mense gedoen het om die

eenvoudige rede dat ons nie regtig geweet [het] wat doen hierdie

apartheid aan mense nie [Elsa 2-475]. Soos Malan (1990:185) dit stel: “Our eyes

are sealed by cataracts against which our white brain project their chosen

preconceptions of Africa and Africans. Some whites see danger, some see savagery,

some see victims, and some see revolutionary heroes. Very few of us see clearly." Die

onthullings voor die WVK sou egter baie wit mense se oë oopmaak.

5. Die onthullings voor die WVK

Vir baie van die apartheidsjare kon wit Afrikaners onkunde aanvoer oor die erns van

die situasie in Suid-Afrika. Hulle kon argumenteer dat die probleme veroorsaak word

deur ’n klein groepie ontevrede jong swart mense en dat swart mense in die algemeen

heel tevrede was met hulle situasie. Vir hulle was daar geen dwingende rede om die

Suid-Afrikaanse manier van lewe te verander nie.

En toe kom die WVK soos voorsien deur die Wet op die Bevordering van Nasionale

Eenheid en Versoening (Wet 34 van 1995) (Meiring 1999a:12). Die doel van die WVK

was, soos die naam van die wet lui, die bevordering van nasionale eenheid en

versoening in Suid-Afrika. Ten einde so verteenwoordigend as moontlik te wees, is

lede van al die verskillende gemeenskappe ingesluit op die verskillende komitees van

die WVK.

Volgens die destydse minister van Justisie, Mnr. Dullah Omar, was die WVK se taak:

…(to) establishing as complete a picture as possible of the causes,

nature and extent of the gross violations of human rights which were

committed during the period from 1 March 1960 to the cut-off date

including the antecedents, circumstances, factors and context of such

violations, as well as the perspectives of the victims and the motives

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!