LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p146 van die mede-navorsers was die uiterlike verskille genoeg rede om ʼn beleid van rassediskriminasie te regverdig, alhoewel hulle by ander geleenthede opposisie teen hierdie praktyk uitgespreek het. Chikane (1989:15) skryf krities oor die enkele wit mense wat hulleself teen apartheid uitgespreek het: "...even these good isolated voices were concerned with excesses and the crude manifestations of evils of the system rather than the fundamental injustices of that system." Net wanneer jy dink dat die lig deurgebreek het in die groep, val selfs iemand soos Elsa [2-238] wat gewoonlik baie krities en onbevooroordeeld is met haar voorbeelde weer in die slaggat van klein apartheid: 'n Mens sou net dink, dat soos die mens meer beskaaf of slimmer raak, dat 'n mens sou agterkom – jy kan nie 'n ander mens so behandel nie. Apart sit, en hy mag nie dit en dat nie. Dit blyk oneindig moeilik te wees om verby klein apartheid te kyk en die onderliggende uitgangspunte van die beleid raak te sien. Vir swart mense is dit anders. Mense aan die ontvangkant weet baie beter wat apartheid aan hulle gedoen het. Toe Meiring (1975:76) vir Tsebe vra hoe wit mense teenoor hulle swart huiswerkers moet optree, spreek sy antwoord nie aparte geriewe of ander klein apartheid sake aan nie. Hy sê: “Die heel eerste ding wat ek vir die dames sal vra, is om julle bediendes as mense te aanvaar. Nie as masjiene nie.” ʼn Swart joernalis by die WVK sê dat versoening net sal plaasvind wanneer swart mense se menswaardigheid herstel is (Krog 1998a:45). Klaaste (1995:16) beskryf die effek van apartheid as die verswakking van swart mense ten opsigte van hulle families, finansies, taal, opvoeding en gesondheid. By sommige wit mense hoor ons dieselfde kritiek. Van Wyk (1991:85) beskryf apartheid as die “denial of basic human dignity” en Meiring (1996:10) praat van die vernedering wat swart mense gely het. As König (1996:9) praat oor die NG Kerk en die WVK dan sê hy dat die wit mense, swart mense verneder het, en nie net een of twee nie, maar hele gemeenskappe, en nie net vir ’n jaar of twee nie, maar vir dekades. En die priester Michael Lapsley (aangehaal in Worsnip 1996:15) wat van sy ledemate verloor het in ʼn

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p147 briefbom-ontploffing, sê die “struggle” was vir die “dignity of people.” Om te erken dat die beleid van apartheid enigsins verkeerd was, bly vir wit mense baie moeilik. Die menings wat hieroor uitgespreek is in die groep varieer van Mike [6-265] wat sê: Ou Dingaan het daar in sy kraal gebly, hy het geen blankes gehad wat in sy kraal gebly het nie, so hy het apartheid gehad tot Isak [2-470] wat sê dat dit nie vir die mense maklik gemaak [is] om ʼn ander stem te wees nie. Die onderliggende motief vir hierdie soort reaksie blyk self-regverdiging te wees. Dit is soortgelyk aan die houding van ʼn groep wit polisiemanne waarvan Malan (1990:58) vertel: "Next to rugby and rain, the subject they most loved to discuss was the unfair and hypocritical way in which the rest of the world was ganging up on us over apartheid." ʼn Brief in ʼn soortgelyke trant verskyn in Time: “Australia's beleaguered and oppressed Aboriginal minority has always been a forgotten people, victimized by the same smug white Aussies who pointed fingers at those who offended their sense of ‘racial equity’, including South Africa” (Theron 1996:8). Almal en alles word blameer en die vinger word na ander gewys – solank wit Afrikaners nie (alleen) in die beskuldigde bank hoef te staan nie. Soos wat maar dikwels in groepe gebeur, was dit nie lank voordat iemand gepoog het om die wit gemeenskap te verskoon nie. Danie [1-405] voer aan: rassisme bestaan wêreldwyd. Dit was altyd daar, dit is daar en dit sal altyd daar wees en voeg dan by in ander lande... in Amerika... steek (hulle) dit mooi onder die kombers weg [Danie 1-414]. Ongeag die argumente wat aangevoer word, blyk dit duidelik dat by baie van die groepslede daar weinig begrip is vir wat apartheid aan swart mense gedoen het en dat hulle ’n keuse gehad het in die saak. Mike [3-682] se argument oor of ’n swart vrou uit die kerk gegooi is omdat sy stink of omdat dit die wet van die kerk was wat haar verbied het om daar te wees, wys ’n geslotenheid van denke ten opsigte van persoonlike keuses. Later sou hy [Mike 6-269] ’n soortgelyke argument aanvoer. Die poging tot verontskuldiging is natuurlik nie geldig nie. Ons het meer as genoeg voorbeelde van wit mense wat ʼn keuse gemaak het teenoor die gangbare standpunte. Mona (1998:21) is reg as hy sê: “Dis naïef om te dink dat ʼn mens slegs optree volgens die manier waarop hy of sy gesosialiseer is, met geen onafhanklike denke of gewete nie.” John

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p147

briefbom-ontploffing, sê die “struggle” was vir die “dignity of people.”

Om te erken dat die beleid van apartheid enigsins verkeerd was, bly vir wit mense baie

moeilik. Die menings wat hieroor uitgespreek is in die groep varieer van Mike [6-265]

wat sê: Ou Dingaan het daar in sy kraal gebly, hy het geen blankes

gehad wat in sy kraal gebly het nie, so hy het apartheid gehad tot

Isak [2-470] wat sê dat dit nie vir die mense maklik gemaak [is] om ʼn

ander stem te wees nie. Die onderliggende motief vir hierdie soort reaksie blyk

self-regverdiging te wees. Dit is soortgelyk aan die houding van ʼn groep wit

polisiemanne waarvan Malan (1990:58) vertel: "Next to rugby and rain, the subject they

most loved to discuss was the unfair and hypocritical way in which the rest of the world

was ganging up on us over apartheid." ʼn Brief in ʼn soortgelyke trant verskyn in Time:

“Australia's beleaguered and oppressed Aboriginal minority has always been a

forgotten people, victimized by the same smug white Aussies who pointed fingers at

those who offended their sense of ‘racial equity’, including South Africa” (Theron

1996:8). Almal en alles word blameer en die vinger word na ander gewys – solank wit

Afrikaners nie (alleen) in die beskuldigde bank hoef te staan nie.

Soos wat maar dikwels in groepe gebeur, was dit nie lank voordat iemand gepoog het

om die wit gemeenskap te verskoon nie. Danie [1-405] voer aan: rassisme bestaan

wêreldwyd. Dit was altyd daar, dit is daar en dit sal altyd daar

wees en voeg dan by in ander lande... in Amerika... steek (hulle)

dit mooi onder die kombers weg [Danie 1-414].

Ongeag die argumente wat aangevoer word, blyk dit duidelik dat by baie van die

groepslede daar weinig begrip is vir wat apartheid aan swart mense gedoen het en dat

hulle ’n keuse gehad het in die saak. Mike [3-682] se argument oor of ’n swart vrou uit

die kerk gegooi is omdat sy stink of omdat dit die wet van die kerk was wat haar

verbied het om daar te wees, wys ’n geslotenheid van denke ten opsigte van

persoonlike keuses. Later sou hy [Mike 6-269] ’n soortgelyke argument aanvoer.

Die poging tot verontskuldiging is natuurlik nie geldig nie. Ons het meer

as genoeg voorbeelde van wit mense wat ʼn keuse gemaak het teenoor

die gangbare standpunte. Mona (1998:21) is reg as hy sê: “Dis naïef om

te dink dat ʼn mens slegs optree volgens die manier waarop hy of sy

gesosialiseer is, met geen onafhanklike denke of gewete nie.” John

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!