25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p146

van die mede-navorsers was die uiterlike verskille genoeg rede om ʼn beleid van

rassediskriminasie te regverdig, alhoewel hulle by ander geleenthede opposisie teen

hierdie praktyk uitgespreek het.

Chikane (1989:15) skryf krities oor die enkele wit mense wat hulleself

teen apartheid uitgespreek het: "...even these good isolated voices were

concerned with excesses and the crude manifestations of evils of the

system rather than the fundamental injustices of that system."

Net wanneer jy dink dat die lig deurgebreek het in die groep, val selfs iemand soos

Elsa [2-238] wat gewoonlik baie krities en onbevooroordeeld is met haar voorbeelde

weer in die slaggat van klein apartheid: 'n Mens sou net dink, dat soos die

mens meer beskaaf of slimmer raak, dat 'n mens sou agterkom – jy

kan nie 'n ander mens so behandel nie. Apart sit, en hy mag nie

dit en dat nie. Dit blyk oneindig moeilik te wees om verby klein apartheid te kyk

en die onderliggende uitgangspunte van die beleid raak te sien.

Vir swart mense is dit anders. Mense aan die ontvangkant weet baie

beter wat apartheid aan hulle gedoen het. Toe Meiring (1975:76) vir

Tsebe vra hoe wit mense teenoor hulle swart huiswerkers moet optree,

spreek sy antwoord nie aparte geriewe of ander klein apartheid sake

aan nie. Hy sê: “Die heel eerste ding wat ek vir die dames sal vra, is om

julle bediendes as mense te aanvaar. Nie as masjiene nie.”

ʼn Swart joernalis by die WVK sê dat versoening net sal plaasvind

wanneer swart mense se menswaardigheid herstel is (Krog 1998a:45).

Klaaste (1995:16) beskryf die effek van apartheid as die verswakking

van swart mense ten opsigte van hulle families, finansies, taal,

opvoeding en gesondheid.

By sommige wit mense hoor ons dieselfde kritiek. Van Wyk (1991:85) beskryf apartheid

as die “denial of basic human dignity” en Meiring (1996:10) praat van die vernedering

wat swart mense gely het. As König (1996:9) praat oor die NG Kerk en die WVK dan sê

hy dat die wit mense, swart mense verneder het, en nie net een of twee nie, maar hele

gemeenskappe, en nie net vir ’n jaar of twee nie, maar vir dekades. En die priester

Michael Lapsley (aangehaal in Worsnip 1996:15) wat van sy ledemate verloor het in ʼn

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!