25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p145

skendings en dat hulle afsonderlike ontwikkeling ondersteun het,

en nie moord nie [Johan 6-208]. Hulle argument is dat as jy nie persoonlik swart

mense sleg behandel het nie, jy niks het om oor skuldig te voel nie.

Dit lyk of daar van die mede-navorsers is wat oortuig is dat apartheid nie so sleg was

nie. Johan [4-500] verwys na die voormalige eerste minister, dr. H.F. Verwoerd en sê:

Daai man het nie sleg bedoel met apartheid nie, nêrens is daar

gesê hulle is so sleg of so nie. Mike [6-057] maak ʼn soortgelyke

opmerking: die slegte gedeelte van apartheid, ...dit is wel sonde.

Dan gaan hy voort om te sê: Ek dink nie in die begin was die idee

heeltemal om mense totaal af te breek en te vernietig nie. Ek

dink nie ons voorouers was almal sulke wrede mense nie, ek dink

apartheid het ontstaan uit ʼn idee vir aparte ontwikkeling, en

dis toe misbruik deur politici en allerhande mense [Mike 6-083].

Heelwat later in die gesprek sê hy dan: ek voel nie sleg omdat ek daai

swarte so behandel het nie [Mike 6-262].

Ten spyte van hierdie menings uitgespreek deur twee lede van die groep, het die

meeste hulleself gesien as in opposisie teen apartheid en amper elkeen het ’n

regverdiging gehad vir sy of haar aksies tydens die apartheidsera. Of dit eerlik was of

dalk ’n poging is om hulleself te bluf, sou net hulle kon sê. Danie was in sy studentedae

baie aktief in die NP. Hy sê dat hy gekies het om in die party te bly sodat ek kon

gebruik maak van die NP om hierdie hele proses te probeer

omdraai [Danie 2-421]. As hy hom dan vergelyk met ʼn familielid wat saam met

dr. Beyers Naudé gewerk het, dan eindig hy deur te beweer: aan die einde van

die dag... het ons tog in ʼn rigting saamgewerk [Danie 2-428].

Dit was Elsa en Hanlie wat weer ’n bepaalde nugterheid in die gesprek gebring het:

Was ons mense dalk te bang om regtig standpunt in te neem? [Elsa

2-440] en Dit was te maklik en gerieflik om te bly waar jy is [Hanlie

2-442]. En tog, ten spyte hiervan, is kritiek beantwoord met opmerkings soos: Maar

hoekom is daar dan verskillende mense gemaak? Hoekom is daar

verskillende rasse? Hoekom is daar verskillende tale? [Johan 4-356]

en Was die Moabiete nie ook ʼn donker vel nie? [Danie 4-373]. In reaksie

op kritiek teen hierdie manier van redeneer was die antwoord: Dit moet tog ʼn rol

speel ook, dat ons kan apart wees in ʼn sin [Johan 4-361]. Vir sommige

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!