25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p141

...Ons moet vir die swart man leer dat hy wel 'n mens is, dat hy ook na

die beeld van God geskape is."

Wanneer Stavrianos (1982:478) praat oor die opkoms van ʼn swart

bewussyn, sê hy “One manifestation is their rejection of the term

‘nonwhite’ hitherto applied to them. In its place they substitute the term

‘black’ as a positive assertion of worth.” Steve Biko (1987:49), die groot

voorstaander van swart bewussyn praat ook van die wit norm en ander

se definiëring in terme van hierdie norm: “Briefly defined therefore, Black

Consciousness is in essence the realisation by the black man of the

need to rally together with his brothers around the cause of their

operation – the blackness of their skin – and to operate as a group in

order to rid themselves of the shackles that bind them to perpetual

servitude. It seeks to demonstrate the lie that black is an aberration from

the ‘normal’ which is white.”

Die gebruik van die term anderskleurige is soortgelyk aan die gebruik van die term nieblanke.

Albei terme neem 'n bepaalde basis as vertrekpunt en vergelyk alles daarmee.

Hierdie basis word nou die norm met die implikasie dat die norm positief of reg is. Dit

word die voorkeurterm. In die geval van hierdie twee terme is die basis die politieke

klassifikasie wit. Alle mense wat nie aan hierdie klassifikasie voldoen nie, word nou

beskryf as nie of anders. Dit impliseer dat sodanige mense nie voldoen aan die vereiste

wat vir die basisterm gestel word nie en per implikasie dan minder is as die vereiste vir

die norm. Hulle is dus minder mens as diegene wat wel aan die norm voldoen.

Teenoor bogenoemde gebruik van anderskleurige, staan die gebruik van die term

anderkleurige. Hierdie term is neutraal wat gelykheid veronderstel tussen hulle wat

vergelyk word. Hier is nie sprake van 'n onderliggende positief-gewaardeerde norm

waaraan gemeet word nie. Hier is die groepe bloot anders, verskillend, sonder om 'n

voorrang te impliseer.

Dat dit ’n probleem kan wees, is blykbaar moeilik vir sommige wit mense om te

verstaan. Toe die kwessie in die groep ter sprake gekom het, was die baie naïewe

reaksie tekenend daarvan dat van die mede-navorsers glad nie die probleem kon

insien nie. So antwoord Mike [6-116] byvoorbeeld:

Ek dink die verskil tussen anderskleuriges en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!