LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p140 Hierdie name word gewoonlik deur wit mense gekies en gegee. Hierdie “wit” naam word nie normaalweg saam met die persoon se van gebruik nie, ten spyte van die geweldige waarde wat swart mense heg aan hulle vanne. Soos Du Preez (1997:67) sê: “Addressing a person by his name is a form of acknowledgement and African people in particular are proud of their surnames.” Op ʼn dieper vlak is daar ook die kwessie van verwysing na swart mense as ʼn kollektiewe geheel. Vir wit mense was dit algemene praktyk om met die term nieblankes te verwys na alle ander groepe mense wat nie wit mense was nie. Hierdie gebruik neem wit-wees as die norm en alle sogenaamde ander mense word dus geklassifiseer as sou hulle nie behoort tot of, per implikasie, voldoen aan die vereistes van hierdie norm nie. Toe hy gevra word hoe Afrikaners na sy mense moet verwys, antwoord, Tsebe (in Meiring 1975:76) so: “Sê maar swartmense. Veral nooit nieblankes nie! Dit is ʼn negatiewe begrip. Dit sê wat ons nie is nie. Ons wil wees wat ons is.” In my persoonlike gesprek met ʼn ouderling van die NGKA, gebruik hy dieselfde woorde. Hy sê apartheid het twee groepe mense geskep, mense en minder mense, mense en nie-mense [Albert 6-074]. ʼn Soortgelyke posisie word ingeneem deur Buthelezi (in Meiring 1975:148): “Die feit dat ‘Africans’, Indiërs, Kleurlinge, almal gesamentlik as “nie-blankes” geklassifiseer word, bewys dat aan hulle die identiteit van "nie-mense" – mense wat eintlik maar net in die skaduwee van die wit mense mag leef – toegeken word.” Buthelezi gaan dan voort: “Teologies gesien beteken dit dat hulle eintlik nie na die beeld van God geskape is nie, maar na die beeld van die wit man.” Meiring antwoord dan daarop: “Ek dink nie mense wat van nieblankes gepraat het, het ooit daaraan gedink nie! Hulle het dit nie so bedoel nie...”. Waarop Buthelezi dan hierdie belangrike antwoord gee: "Dit kan wees. Maar op my mense het dit 'n geweldige invloed gehad.
Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p141 ...Ons moet vir die swart man leer dat hy wel 'n mens is, dat hy ook na die beeld van God geskape is." Wanneer Stavrianos (1982:478) praat oor die opkoms van ʼn swart bewussyn, sê hy “One manifestation is their rejection of the term ‘nonwhite’ hitherto applied to them. In its place they substitute the term ‘black’ as a positive assertion of worth.” Steve Biko (1987:49), die groot voorstaander van swart bewussyn praat ook van die wit norm en ander se definiëring in terme van hierdie norm: “Briefly defined therefore, Black Consciousness is in essence the realisation by the black man of the need to rally together with his brothers around the cause of their operation – the blackness of their skin – and to operate as a group in order to rid themselves of the shackles that bind them to perpetual servitude. It seeks to demonstrate the lie that black is an aberration from the ‘normal’ which is white.” Die gebruik van die term anderskleurige is soortgelyk aan die gebruik van die term nieblanke. Albei terme neem 'n bepaalde basis as vertrekpunt en vergelyk alles daarmee. Hierdie basis word nou die norm met die implikasie dat die norm positief of reg is. Dit word die voorkeurterm. In die geval van hierdie twee terme is die basis die politieke klassifikasie wit. Alle mense wat nie aan hierdie klassifikasie voldoen nie, word nou beskryf as nie of anders. Dit impliseer dat sodanige mense nie voldoen aan die vereiste wat vir die basisterm gestel word nie en per implikasie dan minder is as die vereiste vir die norm. Hulle is dus minder mens as diegene wat wel aan die norm voldoen. Teenoor bogenoemde gebruik van anderskleurige, staan die gebruik van die term anderkleurige. Hierdie term is neutraal wat gelykheid veronderstel tussen hulle wat vergelyk word. Hier is nie sprake van 'n onderliggende positief-gewaardeerde norm waaraan gemeet word nie. Hier is die groepe bloot anders, verskillend, sonder om 'n voorrang te impliseer. Dat dit ’n probleem kan wees, is blykbaar moeilik vir sommige wit mense om te verstaan. Toe die kwessie in die groep ter sprake gekom het, was die baie naïewe reaksie tekenend daarvan dat van die mede-navorsers glad nie die probleem kon insien nie. So antwoord Mike [6-116] byvoorbeeld: Ek dink die verskil tussen anderskleuriges en
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129 and 130: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 131 and 132: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 133 and 134: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 135 and 136: HOOFSTUK 3 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 137 and 138: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 139 and 140: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 141 and 142: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 143 and 144: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 145 and 146: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 147 and 148: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 149 and 150: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 151 and 152: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 153 and 154: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 155: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 159 and 160: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 161 and 162: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 163 and 164: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 165 and 166: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 167 and 168: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 169 and 170: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 171 and 172: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 173 and 174: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 175 and 176: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 177 and 178: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 179 and 180: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 181 and 182: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 183 and 184: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 185 and 186: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 187 and 188: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 189 and 190: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 191 and 192: HOOFSTUK 4 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 193 and 194: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 195 and 196: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 197 and 198: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 199 and 200: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 201 and 202: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 203 and 204: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 205 and 206: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p140

Hierdie name word gewoonlik deur wit mense gekies en gegee. Hierdie

“wit” naam word nie normaalweg saam met die persoon se van gebruik

nie, ten spyte van die geweldige waarde wat swart mense heg aan hulle

vanne. Soos Du Preez (1997:67) sê: “Addressing a person by his name

is a form of acknowledgement and African people in particular are proud

of their surnames.”

Op ʼn dieper vlak is daar ook die kwessie van verwysing na swart mense as ʼn

kollektiewe geheel. Vir wit mense was dit algemene praktyk om met die term nieblankes

te verwys na alle ander groepe mense wat nie wit mense was nie. Hierdie

gebruik neem wit-wees as die norm en alle sogenaamde ander mense word dus

geklassifiseer as sou hulle nie behoort tot of, per implikasie, voldoen aan die vereistes

van hierdie norm nie.

Toe hy gevra word hoe Afrikaners na sy mense moet verwys, antwoord,

Tsebe (in Meiring 1975:76) so: “Sê maar swartmense. Veral nooit nieblankes

nie! Dit is ʼn negatiewe begrip. Dit sê wat ons nie is nie. Ons wil

wees wat ons is.”

In my persoonlike gesprek met ʼn ouderling van die NGKA, gebruik hy

dieselfde woorde. Hy sê apartheid het twee groepe mense

geskep, mense en minder mense, mense en nie-mense

[Albert 6-074].

ʼn Soortgelyke posisie word ingeneem deur Buthelezi (in Meiring

1975:148): “Die feit dat ‘Africans’, Indiërs, Kleurlinge, almal gesamentlik

as “nie-blankes” geklassifiseer word, bewys dat aan hulle die identiteit

van "nie-mense" – mense wat eintlik maar net in die skaduwee van die

wit mense mag leef – toegeken word.”

Buthelezi gaan dan voort: “Teologies gesien beteken dit dat hulle eintlik

nie na die beeld van God geskape is nie, maar na die beeld van die wit

man.” Meiring antwoord dan daarop: “Ek dink nie mense wat van nieblankes

gepraat het, het ooit daaraan gedink nie! Hulle het dit nie so

bedoel nie...”. Waarop Buthelezi dan hierdie belangrike antwoord gee:

"Dit kan wees. Maar op my mense het dit 'n geweldige invloed gehad.