25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p138

het nie, om daardeur te wys hoe goed is hulle teenoor die

swartes.

In die literatuur word soortgelyke boodskappe oorgedra. Rian Malan (1990:32) vertel

van sy ma: "They'd still be in mud huts if it weren't for us," she'd snap. "What did they

do to build this country? Just dug where we said dig." En terselfde tyd is dit die mense

wat geleer is om respek te hê vir swart mense, om “asseblief” en “dankie” te sê, en om

nie die woord “kaffir” te gebruik nie.

Frans [1-452] vertel van ʼn goedbedoelde handeling wat hierdie houding van wit mense

teenoor swart mense weerspieël:

My pa het Sondagskool gehou. Ons was daar in die

lokasies gewees, skoolvakansies het ons gaan help

daar. Kersvakansies het ek my ma gehelp, ons het

koekies gebak, kerspakkies opgemaak met ballonne en

vir hierdie outjies en dit gaan uitdeel. So, ons het

hulle jammer gekry.

Die terrein van die godsdiens is waar paternalisme veral baie sigbaar was. Frans

[1-440] onthou:

Ek het nie rassisties grootgeword nie, maar daar was

tog ook die situasie gewees van hulle het hulle eie

beker en hulle het hulle eie koppie en so aan. Maar

tog het my pa in die aande die swarte wat in daai

klein kamertjie bly wat Ben van gepraat het,

ingenooi as hulle daar was om saam met ons

huisgodsdiens te hou. Ek onthou dit asof dit gister

was.

De Klerk (2000:17) lewer kommentaar op hierdie gebruik wat redelik algemeen was:

“Ja, in sommige gevalle is die plaasvolk ingeroep om tydens huisgodsdiens ’n

sitplekkie op die vloer in te neem. Miskien is dit ook ’n onderdeel van die paternalistiese

eis dat baas van sy klaas verwag om te glo soos baas glo.”

ʼn Soortgelyke probleem is deur swart mense in georganiseerde

godsdiens ervaar. Dominee Sam Buti (in Meiring 1975:4), eertyds skriba

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!