LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p136 Hierdie tipe gedrag was kenmerkend van apartheid. Selfs die armste wit mense kon diskrimineer teen die rykste swart mense, omdat hulle die staatsmag se wette aan hulle kant gehad het. Al het hulle self nie enige mag gehad nie, was die sisteem in plek om hulle te bemagtig. Dit is egter nie die volle verhaal nie. In die nuwe Suid-Afrika het wit mense nie meer dieselfde sisteem om hulle te steun nie, maar dit keer baie mense nie om steeds rassisties op te tree nie. Hier wil dit lyk of rassisme nie in die eerste plek of in alle gevalle met mag te make het nie, maar eerder met idees van meerder- en minderwaardigheid. Hierdie diskoers word weer later in die verslag aan die orde gestel. 3.3.3 Rassisme en die instellings Rassisme is ʼn fenomeen wat nie net op interpersoonlike vlak opereer nie. Rassediskriminasie kan ook geïnstitusionaliseerde vorms aanneem. Apartheid was so ʼn vorm van rassisme. Villa-Vicencio (1993:133) verwys daarna as die “institutionalised racism of apartheid.” Biko (1987:88) verwoord dit so: “The racism we meet does not only exist on an individual basis; it is also institutionalised to make it look like the South African way of life.” Rassisme was inderdaad so geïnstitusionaliseer in alledaagse apartheid-Suid-Afrika dat min wit mense dit bevraagteken het. Soos Isak [3-562] sê: Ons het dit gehad as standaard praktyk vir jare. Ons het dit so aanvaar. Die gemiddelde wit Afrikaner, by name die blanke Afrikaner, het dit aanvaar. Dit is reg so, dit is goed so. Niemand van ons het ooit gedink dit is verkeerd nie. 3.3.4 Die uitwys van rassisme Daar was tog gereeld stemme wat opgegaan om wit mense bewus te maak van wat rassisme besig was om aan swart mense te doen. Vanuit die NG Kerk was daar, om maar net een te noem, die sogenaamde Hervormingsdag-getuienis. Hierdie dokument is so genoem, omdat die getuienis van agt teoloë van die NG Kerk op 5 November 1980 – net na Hervormingsondag – in Die Kerkbode gepubliseer is (Die Kerkbode 1980:605). Die Getuienis het die NG Kerk aangespreek en onder andere “gepleit vir die uitskakeling van liefdelose en rassistiese gesindhede, vir solidariteit van Christelike liefde met almal wat deur sosiale praktyke, ekonomiese wanverhoudinge en politieke maatreëls in lyding gedompel is.” Die reaksie was hewig en uiteenlopend. Baie

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p137 predikante en lidmate het die agt teoloë gesteun, maar veral van die amptelike kerkstrukture was daar weerstand. Van der Merwe (2010:10) vat dit goed saam as hy sê: “Die koor van kritiek teen die getuienis het duidelik getoon dat die kerk nog nie bereid was om oor die sake wat in die Getuienis geopper is, in gesprek te tree nie.” 3.4 Paternalisme ʼn Vierde gevolg van die sisteem van apartheid was paternalisme. Paternalisme is die gedrag van ʼn dominante klas teenoor die ondergeskiktes of gekoloniseerde mense, soortgelyk aan die van ’n pa teenoor sy kind, maar dan ʼn kind met beperkte of geen eie vryheid of regte nie. Alhoewel paternalisme ook ʼn belangrike rol gespeel het in die ontstaan van die beleid van apartheid, was dit – nes rassisme – vir diegene wat groot geword het onder apartheid een van die gevolge van die beleid. Hierdie houding word duidelik geïllustreer deur die volgende narratief. Ben [1-157], die oudste van die mede-navorsers vertel van sy kinderjare: Ek is op ʼn plaas gebore. Destyds moes ek met baie eerbied met ouer swartes omgaan, mooi met hulle praat. Ek moes sê ‘outa Elias’. Nou dat hy oud is, is hierdie houding so deel van sy lewe dat hy dit uit gewoonte steeds doen: Nou nog as ek gaan loop – dit is skemer as ek gaan – dan groet ek elke swartman. As jy net jou hand op steek – jy hoef nie ʼn woord te sê nie, dit is vir hulle genoeg. Dit is die belangrikste ding, dat jy jou hand opsteek. En nou die huurmotors, as hulle verbykom, as ek die huurmotor nie sien nie, dan "pohp-pohp" hy en waai hulle die hand. En al die swart mense, en ek wil nou traktaatjies kry en elke keer as ek by een van die mense verby gaan, ʼn traktaatjie vir hulle kan gee. Soos ek sê: vir my is dit nou nie so moeilik nie. Ek het saam met hulle grootgeword. Saam met hulle as kinders gespeel [Ben 1-178]. Elsa [4-033] vertel van ʼn voorval toe ʼn graad elf seun ʼn dief gevang het: Toe is sy ma so trots op hom dat hy nie die swartman verskriklik geslaan

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p137

predikante en lidmate het die agt teoloë gesteun, maar veral van die amptelike

kerkstrukture was daar weerstand. Van der Merwe (2010:10) vat dit goed saam as hy

sê: “Die koor van kritiek teen die getuienis het duidelik getoon dat die kerk nog nie

bereid was om oor die sake wat in die Getuienis geopper is, in gesprek te tree nie.”

3.4 Paternalisme

ʼn Vierde gevolg van die sisteem van apartheid was paternalisme. Paternalisme is die

gedrag van ʼn dominante klas teenoor die ondergeskiktes of gekoloniseerde mense,

soortgelyk aan die van ’n pa teenoor sy kind, maar dan ʼn kind met beperkte of geen eie

vryheid of regte nie. Alhoewel paternalisme ook ʼn belangrike rol gespeel het in die

ontstaan van die beleid van apartheid, was dit – nes rassisme – vir diegene wat groot

geword het onder apartheid een van die gevolge van die beleid.

Hierdie houding word duidelik geïllustreer deur die volgende narratief. Ben [1-157], die

oudste van die mede-navorsers vertel van sy kinderjare: Ek is op ʼn plaas

gebore. Destyds moes ek met baie eerbied met ouer swartes

omgaan, mooi met hulle praat. Ek moes sê ‘outa Elias’. Nou dat hy

oud is, is hierdie houding so deel van sy lewe dat hy dit uit gewoonte steeds doen:

Nou nog as ek gaan loop – dit is skemer as ek gaan –

dan groet ek elke swartman. As jy net jou hand op

steek – jy hoef nie ʼn woord te sê nie, dit is vir

hulle genoeg. Dit is die belangrikste ding, dat jy

jou hand opsteek. En nou die huurmotors, as hulle

verbykom, as ek die huurmotor nie sien nie, dan

"pohp-pohp" hy en waai hulle die hand. En al die

swart mense, en ek wil nou traktaatjies kry en elke

keer as ek by een van die mense verby gaan, ʼn

traktaatjie vir hulle kan gee. Soos ek sê: vir my is

dit nou nie so moeilik nie. Ek het saam met hulle

grootgeword. Saam met hulle as kinders gespeel [Ben

1-178].

Elsa [4-033] vertel van ʼn voorval toe ʼn graad elf seun ʼn dief gevang het: Toe is sy

ma so trots op hom dat hy nie die swartman verskriklik geslaan

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!