25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p136

Hierdie tipe gedrag was kenmerkend van apartheid. Selfs die armste wit mense kon

diskrimineer teen die rykste swart mense, omdat hulle die staatsmag se wette aan hulle

kant gehad het. Al het hulle self nie enige mag gehad nie, was die sisteem in plek om

hulle te bemagtig. Dit is egter nie die volle verhaal nie. In die nuwe Suid-Afrika het wit

mense nie meer dieselfde sisteem om hulle te steun nie, maar dit keer baie mense nie

om steeds rassisties op te tree nie. Hier wil dit lyk of rassisme nie in die eerste plek of

in alle gevalle met mag te make het nie, maar eerder met idees van meerder- en

minderwaardigheid. Hierdie diskoers word weer later in die verslag aan die orde gestel.

3.3.3 Rassisme en die instellings

Rassisme is ʼn fenomeen wat nie net op interpersoonlike vlak opereer nie.

Rassediskriminasie kan ook geïnstitusionaliseerde vorms aanneem. Apartheid was so

ʼn vorm van rassisme. Villa-Vicencio (1993:133) verwys daarna as die “institutionalised

racism of apartheid.” Biko (1987:88) verwoord dit so: “The racism we meet does not

only exist on an individual basis; it is also institutionalised to make it look like the South

African way of life.” Rassisme was inderdaad so geïnstitusionaliseer in alledaagse

apartheid-Suid-Afrika dat min wit mense dit bevraagteken het. Soos Isak [3-562] sê:

Ons het dit gehad as standaard praktyk vir jare. Ons het dit so

aanvaar. Die gemiddelde wit Afrikaner, by name die blanke

Afrikaner, het dit aanvaar. Dit is reg so, dit is goed so.

Niemand van ons het ooit gedink dit is verkeerd nie.

3.3.4 Die uitwys van rassisme

Daar was tog gereeld stemme wat opgegaan om wit mense bewus te maak van wat

rassisme besig was om aan swart mense te doen. Vanuit die NG Kerk was daar, om

maar net een te noem, die sogenaamde Hervormingsdag-getuienis. Hierdie dokument

is so genoem, omdat die getuienis van agt teoloë van die NG Kerk op 5 November

1980 – net na Hervormingsondag – in Die Kerkbode gepubliseer is (Die Kerkbode

1980:605). Die Getuienis het die NG Kerk aangespreek en onder andere “gepleit vir die

uitskakeling van liefdelose en rassistiese gesindhede, vir solidariteit van Christelike

liefde met almal wat deur sosiale praktyke, ekonomiese wanverhoudinge en politieke

maatreëls in lyding gedompel is.” Die reaksie was hewig en uiteenlopend. Baie

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!