LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p134 sekere groepe mense [Hanlie 3-798], waarop Johan [3-805] reageer met Jou definisie kom iets kort. Jou definisie kom daai emosie kort van haat of liefhê. Rassisme is gekoppel aan emosie. 3.3.1 Rassisme en emosies Dat erge emosies, soos haat, soms wel deel van rassisme kan wees, is duidelik uit die woorde van Pistorius (1992:174) wat aanspraak maak op ʼn Goddelike opdrag om swart mense dood te maak. Hierdie vreemde opvatting baseer hy op sy verstaan van Eksodus 2:12 waar Moses die Egiptenaar doodgeslaan het. Pistorius se argument is dat God vir Moses daarna so geseën het, dat ons kan sê dat God hom heeltemal vergewe het en ook vir ons beveel om iemand “wat afgode aanbid... soos die swartes” dood te maak. Sulke blatante rassisme is egter net ʼn uiterste vorm van ʼn gesindheid wat in meer matige vorm baie meer voorkom as wat algemeen erken word. Die onderliggende uitgangspunt vir al hierdie vorme van rassisme is ʼn gevoel van meerderwaardigheid teenoor ander mense. Die idee dat een ras meer werd is, of beter is as ʼn ander, is nie ʼn nuwe idee nie. In die tyd van wettige slawerny en kolonialisme was die gangbare idee dat Afrika onbeskaafd en ongekultiveerd en daarom minderwaardig teenoor die Weste is (Kasenene 1993:55). Hy skryf verder hieroor: "The racism that we know was born in Europe and America from the cultural need to justify doing to black people, doing to African people, what could not morally or legally be done to white people, and least of all to Europeans" (Kasenene 1993:58). Hierdie posisie word ook ingeneem deur Weary (1994:9) as hy sê: "To justify slavery, whites people had to make black people less than human beings." Steve Biko (1987:88) skryf dat “white people on the whole have come to believe in the inferiority of the black man.” Hy sê die rede hiervoor is “so that the whites could enjoy privileges at the expense of blacks and still feel free to give a moral justification for the obvious exploitation…” In sy boek Deafening silence laat Miles (1996:274) een van sy karakters dit
Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p135 so stel: "a black man has no rights if his rights clash with the self-interest of the whites." Hoe waar hierdie opmerking is, is byvoorbeeld duidelik uit die implikasies van die Ontugwet. Hierdie wet, wat seksuele verkeer tussen verskillende rasse verbied, is by nadere ondersoek baie meer spesifiek. Die wet verbied enige seksuele verkeer tussen wit en swart mense, maar nie enigsins seksuele verkeer tussen enige van die ander rasgroepe in die land nie (Groenewald 1986:27). Dit is dus duidelik dat die rassisme in apartheid net die voordeel van die wit mense bevorder het, selfs ten koste van swart mense. "While blacks were treated as inferiors and lived in a culture of marginalisation and insecurity, whites believed that they had established a peaceful and just society by the establishment of homogenous black nations and states” (Kinghorn 1990:68). Rassisme is volgens Biko (1987:88) nie bloot die uitsluiting van een rasgroep deur ʼn ander nie, “it always presupposes that the exclusion is for the purposes of subjugation.” En dit is die vraag: Het rassisme altyd te doen met mag en die misbruik daarvan? 3.3.2 Rassisme en mag Oor die kwessie van misbruik van mag skryf Biko (1987:25) elders soos volg: “Those who know, define racism as discrimination by a group against another for the purposes of subjugation or maintaining subjugation. In other words one cannot be a racist unless he has the power to subjugate.” Dit is ooglopend dat rassisme dikwels met mag en magsmisbruik te make het. Terry (1975:2) se omvattende definisie van rassisme sluit hierby aan: Racism exists when one race/color group intentionally or unintentionally refuses to share power, distributes resources inequitably, maintains unresponsive and inflexible institutional policies, procedures, and practices, and imposes ethnocentric culture on any other race/color group for its supposed benefit, and justifies its actions by blaming the other race/color group.
- Page 99 and 100: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129 and 130: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 131 and 132: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 133 and 134: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 135 and 136: HOOFSTUK 3 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 137 and 138: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 139 and 140: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 141 and 142: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 143 and 144: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 145 and 146: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 147 and 148: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 149: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 153 and 154: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 155 and 156: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 157 and 158: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 159 and 160: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 161 and 162: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 163 and 164: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 165 and 166: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 167 and 168: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 169 and 170: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 171 and 172: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 173 and 174: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 175 and 176: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 177 and 178: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 179 and 180: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 181 and 182: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 183 and 184: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 185 and 186: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 187 and 188: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 189 and 190: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 191 and 192: HOOFSTUK 4 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 193 and 194: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 195 and 196: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 197 and 198: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
- Page 199 and 200: Hoofstuk 4: Die verhaal oor aparthe
Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p135

so stel: "a black man has no rights if his rights clash with the self-interest

of the whites."

Hoe waar hierdie opmerking is, is byvoorbeeld duidelik uit die implikasies van die

Ontugwet. Hierdie wet, wat seksuele verkeer tussen verskillende rasse verbied, is by

nadere ondersoek baie meer spesifiek. Die wet verbied enige seksuele verkeer tussen

wit en swart mense, maar nie enigsins seksuele verkeer tussen enige van die ander

rasgroepe in die land nie (Groenewald 1986:27). Dit is dus duidelik dat die rassisme in

apartheid net die voordeel van die wit mense bevorder het, selfs ten koste van swart

mense. "While blacks were treated as inferiors and lived in a culture of marginalisation

and insecurity, whites believed that they had established a peaceful and just society by

the establishment of homogenous black nations and states” (Kinghorn 1990:68).

Rassisme is volgens Biko (1987:88) nie bloot die uitsluiting van een rasgroep deur ʼn

ander nie, “it always presupposes that the exclusion is for the purposes of subjugation.”

En dit is die vraag: Het rassisme altyd te doen met mag en die misbruik daarvan?

3.3.2 Rassisme en mag

Oor die kwessie van misbruik van mag skryf Biko (1987:25) elders soos volg:

“Those who know, define racism as discrimination by a group against

another for the purposes of subjugation or maintaining subjugation. In

other words one cannot be a racist unless he has the power to

subjugate.”

Dit is ooglopend dat rassisme dikwels met mag en magsmisbruik te make het. Terry

(1975:2) se omvattende definisie van rassisme sluit hierby aan:

Racism exists when one race/color group intentionally or unintentionally

refuses to share power, distributes resources inequitably,

maintains unresponsive and inflexible institutional policies, procedures,

and practices, and imposes ethnocentric culture on any other

race/color group for its supposed benefit, and justifies its actions by

blaming the other race/color group.