25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p132

het van swartmense. Ek was half bang vir hulle,

totdat ek groter geword het en agtergekom het dis

nie rêrig so nie [Elsa 2-349].

Die effek van hierdie wêreldbeskouing op swart mense sal ons moeilik kan begryp.

Soms het daar in die bespreking iets hieroor na vore gekom.

Ek dink apartheid het die swartmense heeltemal ver-

"ontmens" – ek weet nie of daar so ʼn woord bestaan

nie. Ek persoonlik dink die swartmense in ons land

sit met ʼn geweldige minderwaardigheidsgevoel. Ons

het hulle so afgekraak en so sleg behandel dat hulle

oor hulleself niks gedink het nie [Elsa 3-145]. Ek dink

nie ons het besef hierdie mense het ook emosies nie,

hulle het ook gevoel, hulle ervaar ook dinge [Isak

3-162].

Die werk van Adam Small word tydens een van die gesprekke aangehaal om hierdie

punt te onderstreep:

‘My blanke broer, kan jy jouself indink in die plek

van ʼn bruin of ʼn swart man wat deur die volgende

ervaring geraak is. Hy en sy vrou wat ses maande

swanger is, het die sonnige middag by die see

deurgebring en ondanks alles was dit aangenaam…

ondanks alles, want die bewussyn van deurleefde

vernederings bly immer lewe, ook in weerwil van, of

miskien juis omrede, al die mooi dinge van die

sintuie, soos ook die ope blou rus van die see…’

[Albert 3-275].

In terme van die apartheid-wêreldbeeld, lê ʼn swart persoon se waarde daarin opgesluit

dat hy of sy arbeid kan verskaf: Is ons nie maar só gemaklik in daai

comfort zone gewees, want jy het goedkoop arbeid in die huis, in

die myne, jy het alles wat jy wil hê. Die wêreld is vir ons

gemaak [Albert 3-584].

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!