25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p131

separated from our children during the deportation we were subjected to

recently. We were forced to live in places where we find no work and

have witnessed the death of our children through starvation. We find our

return to such places impossible. It is now in our utter desperation and

suffering that we implore you in the name of God: Stop the continued

separation of our families. Stop the humiliation we suffer as a

consequence of constant hounding like animals and criminals. Prevent

our removal to areas of starvation. Enable us to live as a loving Christian

family free from oppression and fear; and for your courage and strength

to make this a reality. Your brothers and sisters in Christ, the Nyanga

Bush People.”

Van Wyk (1991:80) is reg as hy sê: "Apartheid, both in its grand design and daily

pettiness, degraded blacks to the level of semi-humans in the land of their birth...”.

Groenewald (1986:42) noem dit die “belediging van apartheid.” Baie meer as die

uiterlike, sigbare diskriminasie, was hierdie miskenning van swart mense se

menswaardigheid die eintlike probleem met apartheid. Ek stel dit in een van die

gesprekke só:

Dit gaan nie oor goed wat ons aan mekaar gedoen het

nie, dis sekondêr. Dit gaan vir my, en dit kom elke

keer uit my gesprekke met die swartmense, ons hier,

in my gesprekke met al die mense, in die goed wat ek

lees, ons mis die uitgangspunt wat al verkeerd neig,

ons vertrek van ʼn bepaalde punt wat mense in

kategorieë sit, van wit en al die ander, en dan kan

jy ook maar sê van beter en slegter, dit is hoe ons

gedink het daaroor [Albert 6-221].

Die ander kant van hierdie munt is natuurlik dat wit mense in hulle eie oë goeie mense

was:

En wat ek verder van die swartes geweet het was wat

ek in die geskiedenis geleer het. Ons het geleer die

boere was hierdie heilige mense wat nooit iets

verkeerd gedoen het nie, en die swartes was hierdie

barbare wat babatjies se koppies teen die wawiele

stukkend geslaan het. Dis die persepsie wat ek gehad

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!