25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p129

3.2 “Minder mens” 21

Die een onderliggende beginsel aan apartheid was die idee van ʼn inherente

meerderwaardigheid van wit mense en ’n gepaardgaande inherente minderwaardigheid

van swart mense. Soos Elsa [1-394] dit stel: dit is... in ons kele

afgedruk van kleins af dat swart mense sleg is, dat dit baie

moeilik is om daarvan ontslae te raak.

ʼn Soortgelyke punt word gemaak deur Bengheza in sy gesprek met

Meiring (1975:135) as hy sê: “'n Engelsman leer altyd sy seun en dogter

dat hulle beter en slimmer is as enigiemand anders. Beter as die swart

man.”

Aangesien dit die gedagtegang van wit mense was, is dit te verstane dat swart mense

“in white eyes, inferior and backward” (Van Wyk 1991:42) was. Daarom kan Elsa

[4-034] sê: So ek het tot die slotsom gekom: die meeste witmense met

wie ek die afgelope tyd in aanraking was, sien nog steeds nie

die swartes as mense nie. En elders: die trekarbeid-stelsel het dan

ook bygedra dat ons selde swartes gesien het in terme van

gesinne, jy het 'n klomp swart mans gesien wat in 'n hostel bly,

hierso op die myn byvoorbeeld, hulle het waarskynlik iewers

vroue maar ons dink nie daaroor nie [Albert 2-356].

Weary (1994:9) gaan terug na die dae van slawerny: "To justify slavery,

white people had to make black people less than human beings."

Soortgelyke sienings is by die WVK-verhore uitgespreek. Krog

(1998a:44) beskryf hoe “ordinary people” wat voor die WVK verskyn

hulle ervarings verwoord: "We were treated like garbage: worse even

than dogs. Even ants were treated better than us" en "How could we

lose our humanity like that?”

Daar is sekere gebruike wat hierdie meerderwaardige houding van wit mense teenoor

swart mense duidelik illustreer. ʼn Herhalende storie is die een van die swart man, die

hond en die bakkie.

21 Hierdie opskrif verwys na ʼn opmerking van Elsa [6-275] die feit dat ons gemaak het asof

hulle minder mens is as ons.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!