25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p128

Hierdie sentiment word geëggo deur Isak [1-609] as hy sê: Ek het so wit

grootgeword, hierdie mense is absoluut twee wêrelde van mekaar

af. Dit is ook dié uitdrukking wat gebruik is as opskrif vir hierdie onder-afdeling.

Die ongebalanseerdheid van hierdie saak kom uit in Elsa [7-337] se woorde: die

swartmense weet meer van ons witmense, omdat hulle in ons

woongebiede gewerk het en in ons kantore, maar ons witmense weet

nie regtig veel van swartmense af nie. Hierdie standpunt word bevestig

deur die woorde van Raubenheimer (1998:6): “Daar het dinge in ons geskiedenis

gebeur wat veroorsaak het dat baie mense in ons land vandag vir mekaar

vreemdelinge is, en in sommige gevalle selfs vyande.”

Botha (1990:96) sê dat swart mense in 1948 “amptelik verklaar is tot vyande van die

staat. ’n Beleid het ontwikkel wat dié mense nie aansien as gelyke, medeburgers nie;

wat hulle skadeloos maak met wette wat hulle uit die oog kon verwyder en geleidelik

ook uit die hart.”

In sy gesprek met Piet Meiring (1975:9) sê dominee Sam Buti: “Waarom

kan ons nie ook die goeie dinge van die land geniet nie? Waarom kan

ons nie van die regte wat die land vir mense van buite af gee, kry nie?”

In antwoord op die vraag na stedelike swart mense se grootste nood,

antwoord hy: “Om as ’n mede-Suid-Afrikaner aanvaar te word.”

Die hartseer van die situasie is dat wit mense nie eers weet dat hulle nie weet van die

lewens van swart mense nie. Die sosiale kommentator Rian Malan (1990:81) beskryf

hoe hy hierdie twee wêrelde – wat hy die “paradox” noem – ervaar het tydens sy tyd as

koerant-joernalis: "I did not learn about the paradox by living in South Africa's white

suburbs; I learned about it on the police beat."

In die tyd waarvan hy hier skryf (1985), was ek en my klasmaats in ons finale jaar in die

Kweekskool – en ons het niks hiervan geweet nie! Hierdie deel van die nalatenskap sal

ons nog lank met ons saamdra.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!