25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p123

Dit was egter nie die enigste tipe vergrype nie. Daar was ook die alledaagse

anomalieë. Ben [1-135], wat grootgemaak is om respek te hê vir swart mense, het twee

reisende verkoopsmanne gehad wat by hom oornag het. Die een was wit en die ander

een swart. Ben het ʼn probleem daarmee gehad om albei in sy huis te laat slaap. Op die

ou end het die swart man in die bussie waarmee hulle gereis het, geslaap [Ben 1-170].

Hanlie [2-306] vertel twee stories uit haar kinderjare: Toe ek nog verskriklik

klein was, het ek in 'n bloekombos gestap op die plaas, en een

van die plaaswerkers het my daar gekry en my teruggevat huis

toe, hand aan hand. Toe een van haar ooms dit sien, het hy die swart man in die

skuur geneem en hom geweldig geslaan met ’n riem. Sy moes staan en kyk. By ʼn

ander geleentheid was daar ʼn plaaswerker wat een of ander bevel nie

uitgevoer het nie hulle het hom in ʼn sak gesit het en die sak

toegebind en so rondom hom in die grond geskiet het. As die ou

daarbinne hom dan nou self natmaak of iets van die aard, was dit

ʼn groot grap gewees. En dit was vir my verskriklik erg [Hanlie

2-318]. Dit was blykbaar in orde om sulke dinge aan swart mense te doen.

Hierdie soort gedrag is nie beperk tot die verlede nie. Dit blyk dat, ten spyte van die

demokratiese verandering in Suid-Afrika, die houding van baie wit mense nog steeds

dieselfde is. Hanlie [2-532] vertel:

ek (het) lankal terug met Mandela se verjaarsdag 'n

foto van hom bestel en ek het dit laat raam... En ek

stap uit en daar sit wit mans in 'n motor en hulle

sien my, en die een sê wat het jy daar, en ek wys en

hy sê is dit vir jouself, en ek dog hy bedoel dis

oulik, dis mooi, laat ek sien, en ek gaan wys dit

vir hom en ek sê nee, dis vir die skool. Hy sê ‘ja

grappig nè, in Amerika is dit Clinton en by ons is

dit 'n kaffer.’ Nou hier staan ek met die foto....

Ander mede-navorsers het soortgelyke ervarings gehad om te vertel.

Ek het tot die slotsom gekom dat die meeste witmense

nog die swartmense haat, na wat ek gehoor het. Ek

het verskriklike goed gehoor, mense wat vertel het

van 'n swartman wat hulle gekry het wat in die

water-drein gebly het. Die hond het daar gestaan en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!