LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p120 2. “Geblinddoek deur die lewe” 18 Apartheid was baie “suksesvol” ten opsigte van die primêre doelwit naamlik om die verskillende rasse apart te hou. Dit is daarom te verstane dat daar (ten minste) twee perspektiewe op apartheid sal wees. In hierdie hoofstuk word gekyk na die wit, Afrikaanse, post-apartheid perspektief op hierdie fenomeen wat ons as apartheid ken. Hierdie opinies is soos dit in 1998 uitgepreek is deur ’n groep wit Afrikaanse Christene, ongeveer vier jaar na die formele beëindiging van die apartheidsera. As sodanig is dit terugskouend. Aangesien die tydsverloop nog redelik kort is, veronderstel ek dat die menings uitgespreek waarskynlik baie dieselfde is as die menings wat gehuldig is gedurende die tyd van apartheid. Die wit Afrikaner se perspektief op apartheid, soos dit in hierdie navorsingsverslag na vore kom, sal waarskynlik aanduidend wees van hoe meer wit Afrikaners gedink het en miskien nog steeds dink oor die politieke beleid van die NP van byna vyf dekades. Die bedoeling is nie om te beweer dat alle wit Afrikaanse Christene so dink of gedink het nie. Die verslag sal kyk na die opinies wat die mede-navorsers in die gesprekke uitgespreek het, asook die geskrifte van ander en die wisselwerking tussen hierdie twee. Dit ondersoek ʼn wit Afrikaanse perspektief op apartheid van beide ondersteuners en teenstanders van die beleid. Die menings uitgespreek deur mede-navorsers sal ondersteun en uitgedaag word deur ’n oorvloed literatuur wat oor hierdie onderwerp beskikbaar is, uit wit en swart geledere. In hierdie hoofstuk beperk ek myself hoofsaaklik tot die literatuur wat beskikbaar was ten tye van die oorpronklike gesprekke en die opskryf van die proses. Die definisies wat van apartheid gegee word en die verstaan van die implikasies daarvan sal ondersoek word in die lig van veral die afgryslike onthullings by die WVK. Die bedoeling is nie, en was ook nooit, om dit krities te evalueer of om dit op elke punt uit te daag nie. Hierdie hoofstuk beskryf hoe die mede-navorsers, ongeveer vier jaar na die einde van apartheid, apartheid gekonstrukteer het in hul eie gedagtes. Die WVK onthullings wat reeds bekend is aan die mede-navorsers, dien alreeds as ’n uitdaging van hulle bestaande posisies. Dit is hierdie onthullings wat medebepalend sal wees vir 18 Hierdie beskrywing verwys na ʼn opmerking van Frans [1-462] dit voel vir my ons het geblinddoek deur die lewe gegaan.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd p121 die vlak van aanspreeklikheid of skuld wat wit Afrikaners (behoort te) aanvaar in die huidige post-apartheid situasie. Die wit Afrikaner standpunt sal deurgaans uitgedaag word deur alternatiewe stemme, hoofsaaklik die mening van swart mense. Met die term swart word in hierdie verslag verwys na alle mense wat nie in die apartheidsjare as wit beskou sou word nie. Dit word dus as ʼn omvattende term gebruik vir almal wat onder die apartheidsbedeling as nie-blank geklassifiseer is of sou wees. Dit sluit dus ook diegene in wat as kleurling 19 of Indiër geklassifiseer is en nie net swart Afrikane nie. Die swart perspektief verskil grootliks van die mening uitgespreek deur die lede van die groep. Hierdie hoofstuk is daarom noodsaaklike vir die bepaling van skuld en die implikasie daarvan vir die pad vorentoe in terme van sake soos regstellende aksie en versoening. Hierdie kwessies sal later aangespreek word. Dwarsdeur die hoofstuk sal ek van raampies soos hierdie gebruikmaak. In hierdie raampies sal alternatiewe stemme gehoor word. Dit is gewoonlik, maar nie altyd nie, swart stemme wat reflekteer oor die onderwerp van die omringende paragrawe. Soms reflekteer dit die posisie van wit Afrikaners buite die hoofstroom. Die inhoud van hierdie raampies sal beperk word tot opmerkings en opinies uitgespreek ten tye van die oorspronklike gesprekke. Dit is met ander woorde menings wat die groep sou gehoor het of kon hoor in die tyd voor of tydens die groepbesprekings. Sommige van hierdie opinies is ingewerk tydens die gesprekke self, terwyl ander eers later bygekom het. Waar dit deel van die oorspronklike gesprek is, sal dit in die normale vloei van die hoofstuk na vore kom. Soms is ’n belangrike mening onbekend aan, of geïgnoreer deur die groep en dan sal dit in soortgelyke raampie soos hierdie aan die orde gestel word. Uiteraard is hierdie tipe raampies nog nie vroeër in die verslag gebruik nie, omdat die alternatiewe stemme eers in hierdie hoofstuk pertinent aan die orde gestel word. In hierdie hoofstuk, en ook die volgende twee, sal daar uitvoerig van hierdie raampies gebruik gemaak word. 19 Die terme swart, kleurling en Indiër verwys hier na die etikette wat in die apartheidstyd aan mense toegeken is. In hierdie verslag word die term bruin mense gebruik eerder as die term kleurling.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p121

die vlak van aanspreeklikheid of skuld wat wit Afrikaners (behoort te) aanvaar in die

huidige post-apartheid situasie.

Die wit Afrikaner standpunt sal deurgaans uitgedaag word deur alternatiewe stemme,

hoofsaaklik die mening van swart mense. Met die term swart word in hierdie verslag

verwys na alle mense wat nie in die apartheidsjare as wit beskou sou word nie. Dit

word dus as ʼn omvattende term gebruik vir almal wat onder die apartheidsbedeling as

nie-blank geklassifiseer is of sou wees. Dit sluit dus ook diegene in wat as kleurling 19 of

Indiër geklassifiseer is en nie net swart Afrikane nie.

Die swart perspektief verskil grootliks van die mening uitgespreek deur die lede van die

groep. Hierdie hoofstuk is daarom noodsaaklike vir die bepaling van skuld en die

implikasie daarvan vir die pad vorentoe in terme van sake soos regstellende aksie en

versoening. Hierdie kwessies sal later aangespreek word.

Dwarsdeur die hoofstuk sal ek van raampies soos hierdie gebruikmaak.

In hierdie raampies sal alternatiewe stemme gehoor word. Dit is

gewoonlik, maar nie altyd nie, swart stemme wat reflekteer oor die

onderwerp van die omringende paragrawe. Soms reflekteer dit die

posisie van wit Afrikaners buite die hoofstroom. Die inhoud van hierdie

raampies sal beperk word tot opmerkings en opinies uitgespreek ten tye

van die oorspronklike gesprekke. Dit is met ander woorde menings wat

die groep sou gehoor het of kon hoor in die tyd voor of tydens die

groepbesprekings. Sommige van hierdie opinies is ingewerk tydens die

gesprekke self, terwyl ander eers later bygekom het. Waar dit deel van

die oorspronklike gesprek is, sal dit in die normale vloei van die hoofstuk

na vore kom. Soms is ’n belangrike mening onbekend aan, of

geïgnoreer deur die groep en dan sal dit in soortgelyke raampie soos

hierdie aan die orde gestel word.

Uiteraard is hierdie tipe raampies nog nie vroeër in die verslag gebruik

nie, omdat die alternatiewe stemme eers in hierdie hoofstuk pertinent

aan die orde gestel word. In hierdie hoofstuk, en ook die volgende twee,

sal daar uitvoerig van hierdie raampies gebruik gemaak word.

19 Die terme swart, kleurling en Indiër verwys hier na die etikette wat in die apartheidstyd aan mense

toegeken is. In hierdie verslag word die term bruin mense gebruik eerder as die term kleurling.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!