25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p120

2. “Geblinddoek deur die lewe” 18

Apartheid was baie “suksesvol” ten opsigte van die primêre doelwit naamlik om die

verskillende rasse apart te hou. Dit is daarom te verstane dat daar (ten minste) twee

perspektiewe op apartheid sal wees. In hierdie hoofstuk word gekyk na die wit,

Afrikaanse, post-apartheid perspektief op hierdie fenomeen wat ons as apartheid ken.

Hierdie opinies is soos dit in 1998 uitgepreek is deur ’n groep wit Afrikaanse Christene,

ongeveer vier jaar na die formele beëindiging van die apartheidsera. As sodanig is dit

terugskouend. Aangesien die tydsverloop nog redelik kort is, veronderstel ek dat die

menings uitgespreek waarskynlik baie dieselfde is as die menings wat gehuldig is

gedurende die tyd van apartheid.

Die wit Afrikaner se perspektief op apartheid, soos dit in hierdie navorsingsverslag na

vore kom, sal waarskynlik aanduidend wees van hoe meer wit Afrikaners gedink het en

miskien nog steeds dink oor die politieke beleid van die NP van byna vyf dekades. Die

bedoeling is nie om te beweer dat alle wit Afrikaanse Christene so dink of gedink het

nie.

Die verslag sal kyk na die opinies wat die mede-navorsers in die gesprekke

uitgespreek het, asook die geskrifte van ander en die wisselwerking tussen hierdie

twee. Dit ondersoek ʼn wit Afrikaanse perspektief op apartheid van beide ondersteuners

en teenstanders van die beleid. Die menings uitgespreek deur mede-navorsers sal

ondersteun en uitgedaag word deur ’n oorvloed literatuur wat oor hierdie onderwerp

beskikbaar is, uit wit en swart geledere. In hierdie hoofstuk beperk ek myself

hoofsaaklik tot die literatuur wat beskikbaar was ten tye van die oorpronklike gesprekke

en die opskryf van die proses.

Die definisies wat van apartheid gegee word en die verstaan van die implikasies

daarvan sal ondersoek word in die lig van veral die afgryslike onthullings by die WVK.

Die bedoeling is nie, en was ook nooit, om dit krities te evalueer of om dit op elke punt

uit te daag nie. Hierdie hoofstuk beskryf hoe die mede-navorsers, ongeveer vier jaar na

die einde van apartheid, apartheid gekonstrukteer het in hul eie gedagtes. Die WVK

onthullings wat reeds bekend is aan die mede-navorsers, dien alreeds as ’n uitdaging

van hulle bestaande posisies. Dit is hierdie onthullings wat medebepalend sal wees vir

18 Hierdie beskrywing verwys na ʼn opmerking van Frans [1-462] dit voel vir my ons het

geblinddoek deur die lewe gegaan.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!