25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOOFSTUK 3

DIE VERHAAL OOR APARTHEID – VERLEDE TYD

(ʼn Verhaal van ontwikkeling) 17

As jong dominee was ek meer in gesprek met my eie mense as met

lede van die swart gemeenskap of selfs die nie-Afrikaanse

gemeenskap. Ek het lid geword van die Afrikaner Broederbond en ek

onthou hoe ek in vele gesprekke die saak van die Afrikaner en die

morele regverdigbaarheid van apartheid vurig verdedig het (Müller

2000a:21).

1. Inleiding

Soos reeds in hoofstuk een verduidelik, volg hierdie navorsingsverslag die ABDCEmodel

van Müller, Van Deventer en Human (2001). Hierdie derde hoofstuk fokus dus

op die aspek van ontwikkeling (development) van die navorsing. Die kern van die

navorsing word hier deur verskillende narratiewe byeengebring. Die apartheidsverhale

soos vertel deur die mede-navorsers word deurlopend getoets aan die literatuur en aan

swart stemme wat uiteraard ʼn ander siening van apartheid huldig. Die navorsing poog

om alle stemme wat relevant is vir hierdie studie te hoor.

In lyn met die aard van narratiewe navorsing word die self-narratiewe van die medenavorsers,

sowel as die insette van die navorser self, as gelykwaardig aan die ander

geskrewe bronne wat benut word, beskou. Die menings uitgespreek deur die lede van

die groep dra dus, vir die doel van hierdie verslag, net so veel gewig as die ander

bronne.

Die mede-navorsers het ook geleentheid gekry om op mekaar se standpunte te

reflekteer en kritiese vrae te vra. Na elke gesprek het die mede-navorsers ʼn

transkripsie ontvang van die vorige gesprek. Hulle kon dan daarop reflekteer en verder

met mekaar in gesprek tree oor die temas wat aangeraak is. Ek het ook die

transkripsies met ander persone gedeel wat dan daarop gereageer het. Hierdie

reaksies het ek dan saamgeneem na die volgende groepsgesprek waar dit soms direk

te sprake gekom het. As navorser het ek self ook, na aanleiding van die transkripsies,

kritiese opmerkings gemaak oor wat in sommige gesprekke gesê is.

17 Met verwysing na die derde deel (development) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se

ABDCE-model.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!