25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p118

temas weer aan die orde sal kom.

8. Samevatting

In hierdie hoofstuk is daar gekyk na die agtergrond waarteen die navorsing afspeel. In

terme van die ABDCE-model is hierdie hoofstuk ʼn verhaal ter agtergrond, oftewel die

background. Eers is daar gekyk na die apartheidswêreld waarin die mede-navorsers

geleef en grootgeword het.

Die agtergrond en oorsprong van die politieke beleid van apartheid is ondersoek. Daar

is gekyk na die voorlopers van die beleid wat herlei kan word na die tyd van slawerny

en kolonialisme. Die rasse-meerderwaardigheid van die Britte is uitgewys asook die

wette wat reeds sedert die tyd van die Britse oorheersing aan die orde van die dag

was.

Die goeie bedoelings met die beleid van apartheid en die aanvanklike oogmerke

daarmee is in die woorde van die mede-navorsers weergegee. Ongelukkig het die

beste bedoeling ook onvoorsiene gevolge en die tyd het die beleid ingehaal totdat dit

nie meer houdbaar was nie.

Die ontwikkeling in post-apartheid Suid-Afrika, in die samelewing en die Kerk, is

ondersoek om te verstaan teen watter agtergrond die opvolgnavorsing gedoen is. ʼn

Aantal relevante aspekte van die verandering sedert 1994 word beskryf onder die

opskrifte van onsekerheid, ontnugter, opgewonde en oneerlik.

Ten slotte is Weingarten se tipologie van getuienislewering verduidelik en is daar

aandag gegee aan die proses van verandering soos beskryf deur Bridges en Mitchell

se drie fase-model en Rendle se roller coaster of change-model.

In hoofstuk drie kom die mede-navorsers self aan die woord. Dié hoofstuk is ʼn verhaal

van ontwikkeling en word gewy aan die aanvanklike navorsing wat in 1998 gedoen is.

Hier word die stemme van die mede-navorsers self gehoor soos hulle hul eie

narratiewe oor die tydperk van apartheid vertel.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!