25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p116

'n Handige lens waardeur gekyk kan word na die proses van verandering en oorgang is

Rendle (2007) se “roller coaster of change”. Elders (Rendle 1998:105) noem hy dit “the

emotional cycle of congregations in change.” Hierdie model kyk nie net na die

verandering self nie, maar veral na die emosionele reaksie van die mense wat deur die

verandering geraak word. 'n Aangepaste en vertaalde weergawe van sy skematiese

voorstelling verskyn hieronder.

Rendle (2007) bied sy “roller coaster” aan as 'n model “that identifies a natural

sequence of feelings and relationships that are part of change.” Sy vertrekpunt is dat

alle verandering soortgelyke reaksies tot gevolg het. Hy verduidelik dit aan die hand

van 'n enkele golf van 'n tipiese sinuskurwe. Soos hy dit voorstel (soos in die skets

hieronder) het hierdie golf aanvanklik 'n kort opwaartse kurwe wat dan deur 'n langer

afwaartse kurwe gevolg word. Ná 'n onderste draaipunt is die beweging weer opwaarts

tot 'n nuwe hoogtepunt weer bereik word. Hy is die eerste om te erken dat die model

nie allesomvattend is nie en nie alles sê wat moontlik oor die onderwerp gesê kan word

nie. Tog bied dit 'n werkbare hulpmiddel vir hierdie navorsing.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!