25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p115

Nadat afskeid geneem is, maar voordat aanbeweeg kan word na die derde proses,

bevind mense hulle in die sogenaamde neutral zone. Hierdie is 'n tussen-in posisie vol

onsekerheid en verwarring. Bridges (1991:18) noem dit ook 'n fase van “lostness”.

Bloot om hier te oorleef neem dikwels al mense se energie op. Hierdie posisie is so

ongemaklik dat “people are driven to get out.” Mike [8-571] praat oor die dreigende

regstellende aksie as hy sê: As ek 'n ambisieuse mens is, en jy hou my

terug, gaan ek die land verlaat. Ek gaan definitief nie hier bly

nie, ek wil groei, en as ek nie in die land kan groei nie, gaan

groei ek op ’n ander plek.

Terwyl sommige mense so gou moontlik uit die neutrale sone wil wegkom, hanteer

ander dit weer deur 'n hunkering na die verlede: hulle hou ten alle koste vas

en hulle leef ten alle koste asof ons nog in die ou SA leef met

alles soos wat dit tien jaar terug was. Asof niks nog verander

het nie [Albert 7-347]. 'n Suksesvolle oorgang vra egter dat mense genoeg tyd in die

neutrale sone spandeer. Die tyd wat hier spandeer word “is not wasted, for that is

where the creativity and energy of transition are found and the real transformation

takes place” (Bridges & Mitchell 2000).

Die laaste fase van die drie oorgangsprosesse is moving forward. Volgens Bridges en

Mitchell (2000:elektroniese bron) misluk mense dikwels in hulle oorgang, omdat hulle

nie die ou patrone kan laat staan en 'n einde daaraan kan maak nie. Ander misluk

omdat hulle “frightened and confused” raak en nie die ongemak van die neutrale sone

lank genoeg kan hanteer sodat dit 'n verandering in hulle kan bewerk nie. Sommige

mense kom wel deur die eerste twee prosesse, maar val dan vas wanneer hulle 'n

nuwe begin moet maak. Die probleem is dat aanbeweeg nuwe gedrag vra en dat

hierdie risiko vir sommige net te groot is. Soos Mike [2-118] sê om nou 'n leefwyse

te verander, is nie maklik nie.

In 'n gids aan werknemers sluit die Universiteit van Salford aan by die gedagte dat

persone in 'n oorgangsituasie mag vasval. Hulle neem die bekende “grief cycle” van

Kübler-Ross as vertrekpunt en pas dit dan aan vir die proses waardeur mense tydens

verandering gaan. Die eerste twee fases noem hulle “denial” en “defence” en maak dan

hierdie opmerking: “Many people facing radical change... can get locked in a cyclical

process going through the first two stages” (University of Salford 2010:9).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!