LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p114 fokus van hierdie navorsing. In hierdie onderafdeling beskryf ek ʼn moontlike bril waardeur na verandering, en aanpassing by hierdie verandering, gekyk kan word. Ek staan hoofsaaklik stil by Bridges en Mitchell (2000) se verduidelikings van verandering en by Rendle (1998 en 2007) se “roller coaster of change.” Bridges en Mitchell (2000:elektroniese bron) skryf oor leierskap en die proses van verandering. In hulle beskrywing tref hulle 'n belangrike onderskeid tussen verandering en aanpassing: “The change is external... while transition is internal (a psychological reorientation that people have to go through before the change can work).” In terme van hierdie navorsing is hierdie onderskeid belangrik, omdat die ondersoek juis handel oor mense se reaksie op die verandering en nie oor die aard van verandering as sodanig nie. Die verandering in politieke beleid en alles wat daarmee saamgaan, het plaasgevind en teen wil en dank moes almal bepaalde aanpassings maak om hierdie veranderings te akkommodeer, ook diegene wat sê: as ons nie gedwing word om te verander nie, sal ons nie verander nie [Elsa 5-612]. Volgens Bridges en Mitchell (2000) vind hierdie aanpassing in drie fases plaas. In hulle onderskeidende beskrywing van verandering en aanpassing maak hulle die punt dat leiers soms aanvaar dat omdat daar verandering in die sisteem was, die mense daarby betrokke ook noodwendig sou aanpas by die verandering. Hierdie aanname is nie noodwendig waar nie. Soos Hanlie [2-578] dit stel: Vir party mense is dit makliker om vinniger te verander, ander gaan 'n langer tyd nodig hê. Aanpassing vind dikwels heelwat stadiger plaas as die verandering, omdat mense deur drie afsonderlike prosesse moet gaan voordat aanpassing kan plaasvind. Die eerste proses is afskeid neem, of soos hulle dit stel saying goodbye. Hierdie eerste vereiste is dat mense “have to let go of the way things – and, worse, the way that they themselves – used to be” (Bridges & Mitchell 2000). Mense moet afskeid neem van hulle bestaande posisies voordat hulle daaraan kan dink om aan te beweeg. Volgens Bridges en Mitchell (2000) is dit vir sommige mense so moeilik om afskeid te neem omdat hulle “have spent their whole lives standing on first base.” Die rede waarom dit vir mense so moeilik is om afskeid te neem, is omdat dit van hulle vra “to let go of what feels to them like their whole world of experience, their sense of identity, even ‘reality’ itself.” Soos dit in die gesprekke verwoord is: Later van tyd het ons gedink dat as ons sou ingee of verander, dan verloor ons dit wat ons het [Albert 4-493].
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p115 Nadat afskeid geneem is, maar voordat aanbeweeg kan word na die derde proses, bevind mense hulle in die sogenaamde neutral zone. Hierdie is 'n tussen-in posisie vol onsekerheid en verwarring. Bridges (1991:18) noem dit ook 'n fase van “lostness”. Bloot om hier te oorleef neem dikwels al mense se energie op. Hierdie posisie is so ongemaklik dat “people are driven to get out.” Mike [8-571] praat oor die dreigende regstellende aksie as hy sê: As ek 'n ambisieuse mens is, en jy hou my terug, gaan ek die land verlaat. Ek gaan definitief nie hier bly nie, ek wil groei, en as ek nie in die land kan groei nie, gaan groei ek op ’n ander plek. Terwyl sommige mense so gou moontlik uit die neutrale sone wil wegkom, hanteer ander dit weer deur 'n hunkering na die verlede: hulle hou ten alle koste vas en hulle leef ten alle koste asof ons nog in die ou SA leef met alles soos wat dit tien jaar terug was. Asof niks nog verander het nie [Albert 7-347]. 'n Suksesvolle oorgang vra egter dat mense genoeg tyd in die neutrale sone spandeer. Die tyd wat hier spandeer word “is not wasted, for that is where the creativity and energy of transition are found and the real transformation takes place” (Bridges & Mitchell 2000). Die laaste fase van die drie oorgangsprosesse is moving forward. Volgens Bridges en Mitchell (2000:elektroniese bron) misluk mense dikwels in hulle oorgang, omdat hulle nie die ou patrone kan laat staan en 'n einde daaraan kan maak nie. Ander misluk omdat hulle “frightened and confused” raak en nie die ongemak van die neutrale sone lank genoeg kan hanteer sodat dit 'n verandering in hulle kan bewerk nie. Sommige mense kom wel deur die eerste twee prosesse, maar val dan vas wanneer hulle 'n nuwe begin moet maak. Die probleem is dat aanbeweeg nuwe gedrag vra en dat hierdie risiko vir sommige net te groot is. Soos Mike [2-118] sê om nou 'n leefwyse te verander, is nie maklik nie. In 'n gids aan werknemers sluit die Universiteit van Salford aan by die gedagte dat persone in 'n oorgangsituasie mag vasval. Hulle neem die bekende “grief cycle” van Kübler-Ross as vertrekpunt en pas dit dan aan vir die proses waardeur mense tydens verandering gaan. Die eerste twee fases noem hulle “denial” en “defence” en maak dan hierdie opmerking: “Many people facing radical change... can get locked in a cyclical process going through the first two stages” (University of Salford 2010:9).
- Page 79 and 80: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 81 and 82: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 83 and 84: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 85 and 86: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 87 and 88: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 89 and 90: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 91 and 92: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 93 and 94: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 95 and 96: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 97 and 98: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 99 and 100: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 101 and 102: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 103 and 104: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 105 and 106: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 107 and 108: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 109 and 110: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 111 and 112: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 113 and 114: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 115 and 116: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 117 and 118: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 119 and 120: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 121 and 122: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 123 and 124: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 125 and 126: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 127 and 128: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 129: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 133 and 134: Hoofstuk 2: Die oorsprong van die a
- Page 135 and 136: HOOFSTUK 3 DIE VERHAAL OOR APARTHEI
- Page 137 and 138: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 139 and 140: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 141 and 142: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 143 and 144: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 145 and 146: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 147 and 148: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 149 and 150: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 151 and 152: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 153 and 154: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 155 and 156: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 157 and 158: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 159 and 160: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 161 and 162: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 163 and 164: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 165 and 166: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 167 and 168: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 169 and 170: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 171 and 172: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 173 and 174: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 175 and 176: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 177 and 178: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
- Page 179 and 180: Hoofstuk 3: Die verhaal oor aparthe
Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p114

fokus van hierdie navorsing. In hierdie onderafdeling beskryf ek ʼn moontlike bril

waardeur na verandering, en aanpassing by hierdie verandering, gekyk kan word. Ek

staan hoofsaaklik stil by Bridges en Mitchell (2000) se verduidelikings van verandering

en by Rendle (1998 en 2007) se “roller coaster of change.”

Bridges en Mitchell (2000:elektroniese bron) skryf oor leierskap en die proses van

verandering. In hulle beskrywing tref hulle 'n belangrike onderskeid tussen verandering

en aanpassing: “The change is external... while transition is internal (a psychological

reorientation that people have to go through before the change can work).” In terme

van hierdie navorsing is hierdie onderskeid belangrik, omdat die ondersoek juis handel

oor mense se reaksie op die verandering en nie oor die aard van verandering as

sodanig nie. Die verandering in politieke beleid en alles wat daarmee saamgaan, het

plaasgevind en teen wil en dank moes almal bepaalde aanpassings maak om hierdie

veranderings te akkommodeer, ook diegene wat sê: as ons nie gedwing word

om te verander nie, sal ons nie verander nie [Elsa 5-612].

Volgens Bridges en Mitchell (2000) vind hierdie aanpassing in drie fases plaas. In hulle

onderskeidende beskrywing van verandering en aanpassing maak hulle die punt dat

leiers soms aanvaar dat omdat daar verandering in die sisteem was, die mense daarby

betrokke ook noodwendig sou aanpas by die verandering. Hierdie aanname is nie

noodwendig waar nie. Soos Hanlie [2-578] dit stel: Vir party mense is dit

makliker om vinniger te verander, ander gaan 'n langer tyd nodig

hê. Aanpassing vind dikwels heelwat stadiger plaas as die verandering, omdat mense

deur drie afsonderlike prosesse moet gaan voordat aanpassing kan plaasvind.

Die eerste proses is afskeid neem, of soos hulle dit stel saying goodbye. Hierdie eerste

vereiste is dat mense “have to let go of the way things – and, worse, the way that they

themselves – used to be” (Bridges & Mitchell 2000). Mense moet afskeid neem van

hulle bestaande posisies voordat hulle daaraan kan dink om aan te beweeg. Volgens

Bridges en Mitchell (2000) is dit vir sommige mense so moeilik om afskeid te neem

omdat hulle “have spent their whole lives standing on first base.” Die rede waarom dit

vir mense so moeilik is om afskeid te neem, is omdat dit van hulle vra “to let go of what

feels to them like their whole world of experience, their sense of identity, even ‘reality’

itself.” Soos dit in die gesprekke verwoord is: Later van tyd het ons gedink

dat as ons sou ingee of verander, dan verloor ons dit wat ons

het [Albert 4-493].