LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p112 2002:45). Volgens haar is 'n getuie iemand wat iets waarneem of beleef en dan later daarvan vertel. In die apartheidskonteks, soos in hierdie navorsing bedoel, sê sy 'n “witness is created... when a person observes the actions of a perpetrator (or a system) on a victim" (Weingarten 2002:45). In terme van hierdie definisie is elke mens in Suid- Afrika 'n getuie, elk vanuit 'n eie perspektief. Die mede-navorsers voldoen uiteraard volledig aan hierdie definisie. Weingarten voer aan dat alle getuienis gelewer word in 'n konteks van mag en kennis of die gebrek daaraan. 'n Persoon kan getuig met of sonder kennis of bewustheid, en in 'n bemagtigde of ontmagtigde situasie ten opsigte van die saak waaroor getuig word. Sy karteer dan alle getuies op die twee asse van kennis en mag. Skematiese stel sy dit voor met 'n blok met vier kwadrante rondom die kruispunt van hierdie twee asse. Elke kwadrant verteenwoordig 'n ander posisie waarin die getuies hulleself sou kon bevind op verskillende tye en in verskillende situasies. 'n Persoon kan ook oor tyd van een kwadrant na 'n ander skuif ten opsigte van dieselfde situasie. Die kwadrant links bo verteenwoordig die getuie wat bewus en bemagtig is. In die skets hieronder is hierdie blok nie ingekleur nie. Die kwadrant links onder verteenwoordig die getuie wat wel bewus was, maar ontmagtig. In die skets word dit voorgestel deur die blok wat met skuinsstrepe na onder ingekleur is. Die kwadrant regs bo (in die skets aangedui deur die blok wat met skuinsstrepe na bo ingekleur is) verteenwoordig die bemagtigde, maar onbewuste getuie. Die laaste kwadrant, regs onder, verteenwoordig die onbewuste en ontmagtigde getuie en word voorgestel deur oorkruis skuinsstrepe. In die skets gebruik ek verskillende kruisstrepe om die verskillende kwadrante mee te identifiseer terwyl Weingarten gebruik maak van die kleure van 'n verkeerslig in haar benoeming van die kwadrante: Links bo is groen, links onder is geel en regs bo is rooi. Die laaste kwadrant regs onder is swart. Weingarten se “topology of witnessing” kan grafies as volg voorgestel word: Bewus Onbewus Bemagtig - Groen - - Rooi - Ontmagtig - Geel - - Swart -

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p113 Weingarten gebruik aanvanklik hierdie twee-by-twee rooster om haar eie situasie as kind in die huis te beskryf. Haar ma was terminaal siek aan kanker en haar pa en die dokter het besluit om nie vir haar ma te vertel hoe ernstig die situasie was nie. Sy beskryf dan haar ma as een wat vasgevang is in die swart kwadrant. Sy was onbewus van die erns van die siekte en boonop ontmagtig om enigiets aan die saak te doen. Sy beskryf haarself as synde in die geel blok: deeglik bewus van die situasie, maar ontmagtig deur die keuse van haar pa en die kenner, die dokter. Hierdie twee was beide bemagtig en bewus (die groen blok), maar sy het hulle gesien as bemagtig maar onbewus (die rooi blok) van die impak van hulle keuse. Hulle bly bemagtig, “creating the most painful circumstances of my adult life to that point" (Weingarten 2000:396). Die getuie-posisie wat elke persoon inneem word dus bepaal deur die persoon se eie belewenis van mag en kennis met betrekking tot 'n spesifieke situasie. Elke sodanige posisie skep gevolge vir die individu, die familie en die gemeenskap (Weingarten 2000:397). Elke persoon se mate van kennis en mag vra na 'n bepaalde reaksie of gedrag. Dis hierdie reaksies by wit Afrikaanse Christene wat in hierdie navorsing onder die soeklig kom. Hoeveel het die mede-navorsers werklik geweet van (die effek van) apartheid en wat was hulle by magte om daaraan te doen? En wat het hulle destyds gedoen en wat doen hulle tans? Die laaste afdeling van hoofstuk twee word aan verandering gewy. Eers kyk ons na Bridges en Mitchell (2000) se drie-fase model en daarna na Rendle (2007) se voorstelling van die proses waardeur mense gaan tydens verandering. 7. Die proses van verandering Ten spyte van hierdie betrokkenheid by en goeie gesindheid teenoor swart mense, het ek jare lank nooit die sosiaal-politieke sisteem bevraagteken nie (Müller 2000a:23). Die nuwe Suid-Afrika is 'n veranderde situasie. Die ou bekende wêreld van apartheid- Suid-Afrika is vir altyd verby. Dis asof die hele wêreld verander het en die uitdaging is vir almal in die land om hierby aan te pas. Die verandering is 'n gegewe waarby wit Afrikaanse Christene sal moet aanpas. Die wyse waarop hulle dit doen, is deel van die

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p113

Weingarten gebruik aanvanklik hierdie twee-by-twee rooster om haar eie situasie as

kind in die huis te beskryf. Haar ma was terminaal siek aan kanker en haar pa en die

dokter het besluit om nie vir haar ma te vertel hoe ernstig die situasie was nie. Sy

beskryf dan haar ma as een wat vasgevang is in die swart kwadrant. Sy was onbewus

van die erns van die siekte en boonop ontmagtig om enigiets aan die saak te doen.

Sy beskryf haarself as synde in die geel blok: deeglik bewus van die situasie, maar

ontmagtig deur die keuse van haar pa en die kenner, die dokter. Hierdie twee was

beide bemagtig en bewus (die groen blok), maar sy het hulle gesien as bemagtig maar

onbewus (die rooi blok) van die impak van hulle keuse. Hulle bly bemagtig, “creating

the most painful circumstances of my adult life to that point" (Weingarten 2000:396).

Die getuie-posisie wat elke persoon inneem word dus bepaal deur die persoon se eie

belewenis van mag en kennis met betrekking tot 'n spesifieke situasie. Elke sodanige

posisie skep gevolge vir die individu, die familie en die gemeenskap (Weingarten

2000:397). Elke persoon se mate van kennis en mag vra na 'n bepaalde reaksie of

gedrag. Dis hierdie reaksies by wit Afrikaanse Christene wat in hierdie navorsing onder

die soeklig kom. Hoeveel het die mede-navorsers werklik geweet van (die effek van)

apartheid en wat was hulle by magte om daaraan te doen? En wat het hulle destyds

gedoen en wat doen hulle tans?

Die laaste afdeling van hoofstuk twee word aan verandering gewy. Eers kyk ons na

Bridges en Mitchell (2000) se drie-fase model en daarna na Rendle (2007) se

voorstelling van die proses waardeur mense gaan tydens verandering.

7. Die proses van verandering

Ten spyte van hierdie betrokkenheid by en goeie gesindheid teenoor

swart mense, het ek jare lank nooit die sosiaal-politieke sisteem

bevraagteken nie (Müller 2000a:23).

Die nuwe Suid-Afrika is 'n veranderde situasie. Die ou bekende wêreld van apartheid-

Suid-Afrika is vir altyd verby. Dis asof die hele wêreld verander het en die uitdaging is

vir almal in die land om hierby aan te pas. Die verandering is 'n gegewe waarby wit

Afrikaanse Christene sal moet aanpas. Die wyse waarop hulle dit doen, is deel van die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!