25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p110

Die sinode is oortuig dat die Bybelse eis vir geregtigheid vir alle mense,

versoening tussen alle mense en die eenheid van die kerk tot die kern

van die evangelie behoort. Die Belydenis van Belhar verwoord hierdie

evangeliese eis om geregtigheid, versoening en eenheid op 'n ander

wyse as die ander belydenisskrifte van die kerk. Die sinode aanvaar as

kerkvergadering die Belydenis van Belhar en daarom versoek hierdie

vergadering die Algemene Sinode om die Belydenis van Belhar op 'n

kerkordelike wyse deel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se

belydenisgrondslag te maak (Ned Geref Kerk Wes- en Suid-Kaap

2011:elektroniese bron).

Hierdie besluit word na die Algemene Sinode deurgegee en na jare se debatte en

onsekerheid neem die NG Kerk se Algemene Sinode later in 2011 die volgende besluit

rakende die Belydenis van Belhar: “Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van

Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en

dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking

te stel” (Ned Geref Kerk 2011a:elektroniese bron). Uiteindelik het die NG Kerk verder

gegaan as om net sê dat die inhoud van Belhar nie in stryd is met die Bybel nie, maar

dat dit selfs as ʼn belydenisskrif aanvaar sou kon word. Die kerkordelike proses is egter

steeds nie afgehandel nie en ʼn stryd lê waarskynlik nog voor om die nodige twee-derde

meerderheid by al die gemeentes en streeksinodes te kry.

Die eerste sinode om te vergader na die Algemene Sinode, was dié van die Oos-Kaap.

Hulle besluit oor Belhar lui so: “Die sinode ontvang die Belydenis van Belhar as ʼn

geskenk uit God se hand vir ons stukkende land” (Ned Geref Kerk Oos-Kaapland

2012). Dit lyk tog of die gesindheid teenoor Belhar in die kerklike strukture aan die

verander is. Of dit egter aanvaar sal word in plaaslike gemeentes, bly steeds ʼn vraag.

Dikwels is die houding eerder een van “moenie hier verander nie”. Alles verander buite

die NG Kerk, hier wil ons dit hou soos dit altyd was. Ek weet dit is nog

moeilik, want baie mense sien die kerk nog as my kerk. Daarbuite

is die swarte baas, maar hier in my kerk, dit is my kerk hierdie

jy weet. Ek wil jou nie in my kerk hê nie... [Isak 14-344].

Die NG Kerk se wiele draai stadig. Besluite word gewoonlik eers in streeksverband

bespreek en aanvaar en daarna aan die sitting van die Algemene Sinode voorgelê vir

goedkeuring. Ten spyte van hierdie langdradige proses is daar duidelik vordering in die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!