LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ... LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
25.12.2013 Views

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p108 die sitting van die Algemene Sinode in 2004 word vir ʼn “ruim huis” benadering gepleit “waarin plek gemaak word vir almal in die familie ten spyte van die verskille wat bestaan” (Kruger & Hofmeyr 2009a:140). Tydens die skryf van hierdie verslag staan die huis egter steeds leeg al is daar al baie gedoen om die huis leefbaar en aantreklik te maak. Die groot probleem rondom eenwording, of dan die hereniging van die kerke van die NG Kerk familie, is primêr die aanvaarding al dan nie van die Belydenis van Belhar. Hierdie belydenisskrif is in 1982 in konsepformaat, en in 1986 in finale vorm as amptelike belydenis saam met die ander die Formuliere van Eenheid aanvaar deur die Sinode van die destydse NG Sendingkerk. Dit vorm ook deel van die belydenisgrondslag van die VGKSA. Die Belydenis van Belhar (Ned Geref Sendingkerk 1986) bestaan uit vyf onderafdeling, maar die aandag word gewoonlik gevestig op die middelste drie temas, naamlik “die eenheid van die kerk in Jesus Christus” as “gawe en opdrag”, die “boodskap van versoening in en deur Jesus Christus” en “geregtigheid en vrede onder mense”. Die eerste deel oor geloof in die drie-enige God “wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg” en die laaste deel oor “gehoorsaamheid aan Jesus Christus as enigste Hoof” moet saam met die ander dele gelees word (Cloete & Smit 1984). Die Algemene Sinode besluit in 1998 (Ned Geref Kerk 1998:422) dat “die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Enigheid in stryd is nie”. Tog blyk dit dat (die lidmate van) die NG Kerk nog nie gereed is om Belhar as belydenisskrif te aanvaar nie. Sedert die besluit van 1998 was daar uit verskeie oorde besware geopper. Vanuit ʼn meer populêre perspektief is dit gewoonlik die ontstaansgeskiedenis wat onder die loep kom. So skryf Raubenheimer (2008:17) dat sommige “buitelandse kerke, jonger lidmate en selfs jong predikante van die NG Kerk” dalk die belydenis mag ondersteun, maar “[d]it moet egter óók begryp word dat die Belydenis van Belhar nie aanvaarbaar is vir die meerderheid NG lidmate wat bekend is met die ontstaansgeskiedenis van en die ‘slae’ wat dié belydenis hulle toegedien het nie”. Van Wyk (2009:elektroniese bron) sluit hierby aan as hy sê dat die Belydenis van Belhar “nie net polities geïnspireerd is nie, maar ook deur die Verenigende Geref Kerk (VGK) gebruik word as ’n stok om die NG Kerk mee by te kom.” Hierteenoor skryf ander, soos Botha (2008:elektroniese bron), dat die belydenis nie “met die etiket van Bevrydingsteologie afgemaak word” sonder om die hand van die Here daarin te verreken nie.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal p109 Vanuit ʼn akademiese perspektief argumenteer Strauss (2005:560) dat die Belhar belydenis nie gaan oor “kernwaarhede van die Bybel” nie, maar slegs oor “periferiese morele waardes”. Dames (2012:31) reageer hierop deur te sê dat hierdie argument van Strauss die outentieke belewenis van apartheid van die lidmate van die NGSK en die VGK afmaak as onbelangrike randsake: “Strauss’ (2005:572-573) remark, that the Confession occupies itself with peripheral issues and not with central faith issues, totalised the DRMS/URCSA’s pre- and post-1994 authentic experience into moral and peripheral issues” (Dames 2012:31). Hartney (2011:elektroniese bron) reageer ook op Strauss (2005) met sy “Eksegetiesteologiese ondersteuning van die Belydenis van Belhar.” Hierin voer hy aan dat die drie temas waaraan Belhar aandag gee, naamlik eenheid, versoening en geregtigheid wel kernsake van die Skrif is en nie net randsake nie. Hy kyk na beide die Ou- en Nuwe Testament en gee veral aandag aan Paulus se briewe. Die slotsom waartoe hy kom is dít: ʼn Belydenis, alhoewel dit “quia” is, kan nooit soos die Skrif die laaste woord spreek nie en is daarom nooit afgesluit nie maar het altyd ʼn oop einde. ʼn Belydenis is egter meer as etiese uitsprake van die kerk. Uit voormelde ontledings, is ons gevolgtrekking, dat die Belydenis van Belhar is na sy inhoud werklik ʼn belydenis (sic) (“marturein” en “homologein”). Die Belydenis van Belhar handel soos blyk uit hierdie studie, nie oor periferiese morele waardes nie, maar wel met kernwaarhede van die Skrif (Hartney 2011:103). Intussen het die NG Kerk in 2007 besluit om lidmate op ʼn informele basis te toets oor kerkhereniging en die aanvaarding al dan nie van die Belydenis van Belhar. Die resultaat van hierdie kwalitatiewe ondersoek het volgens Strauss (2010:138) aangedui “...dat daar groot weerstand teen Belhar in NG Gemeentes bestaan. ʼn Weerstand wat die aanvaarding van Belhar in die NG Kerk vir die huidige onmoontlik maak.” Die volgende dramatiese skuif hieroor het gekom van die leierskap van die Sinode van die Wes- en Suid-Kaap. Die moderatuur het by die sinode aanbeveel dat die Belydenis van Belhar aanvaar moet word. Tydens die sinodesitting in Mei 2011 het hulle toe met 544 stemme teen 124 die volgende besluit geneem:

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p109

Vanuit ʼn akademiese perspektief argumenteer Strauss (2005:560) dat die Belhar

belydenis nie gaan oor “kernwaarhede van die Bybel” nie, maar slegs oor “periferiese

morele waardes”. Dames (2012:31) reageer hierop deur te sê dat hierdie argument van

Strauss die outentieke belewenis van apartheid van die lidmate van die NGSK en die

VGK afmaak as onbelangrike randsake: “Strauss’ (2005:572-573) remark, that the

Confession occupies itself with peripheral issues and not with central faith issues,

totalised the DRMS/URCSA’s pre- and post-1994 authentic experience into moral and

peripheral issues” (Dames 2012:31).

Hartney (2011:elektroniese bron) reageer ook op Strauss (2005) met sy “Eksegetiesteologiese

ondersteuning van die Belydenis van Belhar.” Hierin voer hy aan dat die drie

temas waaraan Belhar aandag gee, naamlik eenheid, versoening en geregtigheid wel

kernsake van die Skrif is en nie net randsake nie. Hy kyk na beide die Ou- en Nuwe

Testament en gee veral aandag aan Paulus se briewe. Die slotsom waartoe hy kom is

dít:

ʼn Belydenis, alhoewel dit “quia” is, kan nooit soos die Skrif die laaste

woord spreek nie en is daarom nooit afgesluit nie maar het altyd ʼn oop

einde.

ʼn Belydenis is egter meer as etiese uitsprake van die kerk. Uit

voormelde ontledings, is ons gevolgtrekking, dat die Belydenis van

Belhar is na sy inhoud werklik ʼn belydenis (sic) (“marturein” en

“homologein”).

Die Belydenis van Belhar handel soos blyk uit hierdie studie, nie oor

periferiese morele waardes nie, maar wel met kernwaarhede van die

Skrif (Hartney 2011:103).

Intussen het die NG Kerk in 2007 besluit om lidmate op ʼn informele basis te toets oor

kerkhereniging en die aanvaarding al dan nie van die Belydenis van Belhar. Die

resultaat van hierdie kwalitatiewe ondersoek het volgens Strauss (2010:138) aangedui

“...dat daar groot weerstand teen Belhar in NG Gemeentes bestaan. ʼn Weerstand wat

die aanvaarding van Belhar in die NG Kerk vir die huidige onmoontlik maak.”

Die volgende dramatiese skuif hieroor het gekom van die leierskap van die Sinode van

die Wes- en Suid-Kaap. Die moderatuur het by die sinode aanbeveel dat die Belydenis

van Belhar aanvaar moet word. Tydens die sinodesitting in Mei 2011 het hulle toe met

544 stemme teen 124 die volgende besluit geneem:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!