25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p107

beweer: “The Afrikaans churches' support for apartheid is now costing them a lot. Many

people feel cheated and want to know, if the church lied to them about apartheid, what

else it is lying about?” (Leonard 2012:elektroniese bron). Die situasie is volgens

sommige so ernstig dat Leonard (2012:elektroniese bron) byvoorbeeld praat van “The

slow and steady death of the Dutch Reformed Church.”

Die NG Kerk sukkel ook met diversiteit, of dit nou ras of geslag of seksuele oriëntasie

of teologie is. Die jarelange debat oor die rol van die vrou in die amp, wat genadiglik in

die NG Kerk verby is, woed nog fel in van die ander gereformeerde kerke. Die NG Kerk

het sy eie debat oor homoseksualiteit en die raskwessie. Daarmee saam is daar ook in

die afgelope paar jaar die debat oor teologie en geloof in ʼn post-moderne wêreld terwyl

dit lyk of sommige nog vanuit ʼn pre-moderne posisie opereer.

Oor hierdie debatte is sommige baie uitgesproke. Die godsdiensverslaggewer

Johannes de Villiers sê: die NG Kerk "failed the test of diversity miserably. People live

and work these days in diverse environments and then feel weird to be in a church that

is hetero-normatively exclusivist" (Leonard 2012:elektroniese bron). Oosthuizen stem

hiermee saam: "Just as the church had to apologise years later because it excluded

black people and women, they will one day have to apologise to gay people as well for

excluding them for so long" (Leonard 2012:elektroniese bron).

Die temas met die grootste belang vir hierdie navorsing is die vraagstukke rondom

kerkhereniging, rassisme en versoening. Al drie het al op verskeie platforms aandag

gekry, maar al drie is steeds problematiese en onafgehandelde sake.

Daar bestaan geen twyfel daaroor dat die NG Kerk amptelik strewe na hereniging met

die VGKSA en die NGKA en die RCA nie. Die NG Kerk het in 1986 en weer in 1990 by

monde van die beleidstuk Kerk en Samelewing afskeid geneem van apartheid (Ned

Geref Kerk 1986 en 1990). Kort hierna het professor Willie Jonker in die openbaar bely

wat die Algemene Sinode in privaatheid besluit het (Beeld 1990:6). Nou was die NG

Kerk gereed om voluit te werk aan hereniging van die sogenaamde moeder- en

dogterkerke van die NG Kerk-familie.

Oor die saak van kerkhereniging is reeds by die Algemene Sinode van 1994

duidelikheid gegee (Ned Geref Kerk 1994:443). Ongelukkig moes die NG Kerk in 2002

erken dat daar nog min vordering gemaak is (Kruger & Hofmeyr 2009a:140). Tydens

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!